Die kerk is meer as die mense

image_pdfimage_print

Die kerk is meer as die mense

Na ons tot bekering gekom het, kan dit verwarrend wees: Waarvoor is ons geroep?: Wat doen ons hier? Belangriker:: Wat is God besig om te doen? Mense vra: Moet alles nie verander nou dat ek vir Jesus ken nie? Wat is die koninkryk van God? Wat het die kerk met Christus se heerskappy te doen?

 

Ons hoor dikwels die kerk is nie ‘’n gebou nie, maar sy mense. Die koninkryk van God is wat Jesus verkondig het en die huidige vorm van die koninkryk is die kerk. Hierdie mense en gebou wat nou die kerk genoem word, is waar die koninkryk van God gesien word. Dit is ‘’n plek waar sekere dinge gebeur en waar mense sekere dinge doen (sien Handelinge 2:42). Christus se groot Opdrag (Matteus 28:18 – 20) kan nie van die kerk losgemaak word nie.

 

Die kerk is die plek war mense bymekaarkom om God se goddelike gawes te ontvang. Hierdie mense wat gevorm is, word tydens die week versprei. Die kerk gaan dan uit in die gemeenskap om ander te dien volgens hulle roeping. Ons is die kerk as ons die armes dien en die evangelie verkondig.

 

Hierdie dinge kan ons nie doen sonder die bediening van die evangelie nie en God se gawes nie. Die kerk is God se koninkryk en sending in die wêreld deur al die verskillende roepings van sy lidmate. Die kerk as instelling is die nuwe swaartepunt. Hier is die plek waar God se gawes van verlossing na ons toe kom (Efesiërs 4:1 – 16).. hier kry ons ons opdragte sodat God ons in diens kan neem om goedheid en die waarheid aan mense te bring – vir liggaam en siel. Die werk van die Heilige Gees word sigbaar in opofferende liefde en gasvryheid is. Die instrumente wat God gebruik is die verkondiging van sy woord en die regte gebruik van die sakramente (Handelinge 2:42). Die woord van die koninkryk word gesaai soos saad in die landery van die wêreld en begin vrugte dra deur die roeping van die kerk (Matteus 13).

 

Op pinkstedag het God sy Gees gestuur. So herstel Hy kommunikasie tussen die Skepper en sy skepsels en ook kommunikasie tussen mense van verskillende sosiale klasse, etnisiteite en agtergronde: Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe (Efesiërs 4:3)

 

Paulus stel dit so: Julle is dus nie meer vêr van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God (Efesiërs 2:19). Ons word nou geroep om die liefde van Christus aan dié om ons te bring. Ons is immers God se mense.

 

Op hierdie manier weerklink God se woord van die kansel, die doopvont en die nagmaaltafel na die kerkbanke en in die huise van Christene, hulle werkplekke en skole. Die kerk kom Sondae bymekaar om gedurende die week versprei te word om ons bure met liefde en danksegging te dien vir alles wat God aan ons gegee het deur sy woord en Gees.

 

Christus, deur sy Gees, beheer elke faset van ons bestaan. Dit is wat ons doen, maar dit is ook God aan die werk in ons vir sy heerlikheid en ons beswil. Die mense en die plek is waar God se koninkryk vandag gesien word.

 

image_pdfimage_print