Die seënuitsprake van Jesus (6)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (6)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe, wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Seëninge vir mense met leë hande

Ons is nog besig met di eerste seëning: Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Sewe seëninge vir mense met leë hande:

 

  1. Leë hande stel jou vry van die idee dat God jou iets skuld.

God is jou Skepper. Dit beteken dat jy aan Hom behoort en dat jy ‘n plig teenoor Hom het. In ons huidige kultuur is dit maklik om te vergeet en te dink dat God jou iets skuld. Hy moet aan ons verwagtings voldoen. Nou is jy op ‘n pad van bitterheid, teleurstelling en gegriefdheid. Die seëninge van God behoort nie aan diegene wat hulle eise stel nie, maar aan dié wat arm van gees is en hulle voor Hom nederig hou. Die persoon wat arm van gees is sê: “Ek skuld God alles en ek kan Hom niks gee nie. God skuld my niks nie en Hy het alles vir my gegee.”

 

  1. Leë hande stel jou in staat om te vra en in gebed te ontvang

Mense wat bewus is van hulle eie behoeftes het ‘n aktiewe gebedslewe en as hulle bid vra hulle. Die Fariseër in sy gebed in Lukas 18:9 – 14 vra niks nie. Sy hele gebed gaan oor homself. Hy vra vir niks nie en hy ontvang niks nie. Die tollenaar vra van Jesus, want hy ken sy eie behoeftes. Hy is arm in gees.

  1. Leë hande stel jou in staat om beproewing te verdra

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie (1 Petrus 4:12).  As ek trots is val ek onder God se dissipline. Die Here het ‘n afsku aan ‘n verwaande mens; dit staan vas: so ‘n mens sal nie ongestraf bly nie (Spreuke 16:5). Nederigheid gee aan jou krag om sterk te wees in moeilike tye.

  1. Leë hande sal jou liefde vir ander voed

Trots fokus op jouself. Die grootste storie ooit van versoening van ‘n gebroke verhouding is die storie van God se versoening met ons deur Jesus Christus. Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem (Filippense 2:7). Hierdie selfde gesindheid moet ook in ons wees. Liefde word versmoor deur trots soos blomme deur onkruid versmoor word. Liefde groei en floreer in ‘n nederige hart.

  1. Leë hande versterk jou om versoeking te oorwin

Ons het reeds gesê dat om arm van gees te wees, is die toegang tot ander seëninge. Net so is trots die toegang tot ander sondes. Op hoogmoed volg ondergang en selfvernietiging volg die val (Spreuke 16:18). As trots tot ‘n val lei, sal nederigheid jou help om te staan. Waak en bid dat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak (Matteus 26:41).

  1. Leë hande verlos jou van die tirannie van “self.”

Self maak jou ‘n slaaf op meer as een manier. Sommige mense is in selfliefde vasgevang. Ander verloën hulleself . Beide selfliefde en selfverloëning is uitdrukkings van dieselfde ding: fokus op jouself.. Boasting is evidence that we are pleased with self; belittling that we are disappointed in it (A W Tozer).  Self is in beide gevalle in beheer en self is altyd ‘n tiran. As jy nederig is oorwin jy die tiran

  1. Leë hande lei jou om Jesus te aanbid

Hoe meer jy in jouself sien, hoe minder sien jy in Jesus. Christ is never precious till we are poor in spirit. We must see our own wants before we can perceive his wealth; pride blinds the eyes and sincere humility must open them, or the beautitudes of Jesus will be forever hidden from us (C H Spurgeon). Mense wat ver van God is, maak baie van hulleself; mense wat naby aan God is, maak baie van Jesus Christus.

 

 

image_pdfimage_print