Die Skepping

image_pdfimage_print

 

The fellow that has no money is poor. The fellow that has nothing but money is poorer still. —Billy Sunday

 

Die Skepping

In die begin het God die hemel en die aarde geskep (Genesis 1:1)

Daar is al baie oor die oorsprong van die heelal geskryf. Was dit nog altyd daar? Het dit ‘n begin gehad? As dit ‘n begin gehad het, wat was die oorsaak daarvan?

 

In die vroeë 20ste eeu het daar ‘n teorie onder kosmoloë na vore gekom wat vandag algemeen aanvaar word deur wetenskaplikes. Steven Weinberg, fisikus wat die Nobelprys gewen het, skryf dat daar in die begin ‘n ontploffing was. Dit is nie ‘n ontploffing wat op ‘n sekere punt begin het nie, maar ‘n ontploffing wat oral gelyktydig gebeur het. Dit het al die spasie gevul – elke partikel van materie het van die ander weg beweeg. Binne ‘n gedeelte van ‘n sekonde styg die temperatuur ‘n honderd duisend miljoen grade Celsius. Die materie van die heelal is onder geweldige druk in een digte massa saamgedruk. In ‘n suiwer fisiese sin was dit die oomblik van skepping. [Hierdie is ‘n baie oppervlakkige beskrywing van die oerknal.]

 

Van ‘n oneindige klein punt ontstaan die heelal en tyd. En die wetenskap kan dit nie verduidelik nie. Maar die heel eerste vers in die Bybel verduidelik dit: In die begin het God die hemel en die aarde geskep (Genesis 1:1). God het dit alles ex nihilo –  uit niks uit nie – geskep. Die bekende wetenskaplike, Jastrow, stel dit so: “For the scientist who has lived by his faith in the power of reason, the story ends like a bad dream. He has scaled the mountains of ignorance; he is about to conquer the highest peak; as he pulls himself over the final rock, he is greeted by a band of theologians who have been sitting there for centuries.”

 

Christene moet die waarheid liefhê. Gebruik geleenthede om by die teologie en die wetenskap te leer terwyl ons die God van alle waarheid aanbid.

 

image_pdfimage_print