Die vader en die Seun

image_pdfimage_print

 

Men never do evil so completely and cheerfully as when they do it from religious conviction. -Blaise Pascal, filosoof en  wiskundige (19 Jun 1623-1662)

 

Die vader en die Seun

Ravi Zacharias vertel die storie van ’n besoek aan Varanasi in die noorde van Indië. In ‘n klein kamertjie sit ‘n vader en sy seun. Hulle is besig om ‘’n sari vir ’n huwelik te maak. Hierdie is ‘n tradisionele kledingstuk wat elke bruid in Indië op haar troudag wil dra.

 

Die vader sit op ‘n klein verhogie met groot tolle gare van helder kleure binne sy bereik. Die seun sit op die vloer in die lotus-posisie. Voor die oë van die mense wat toekyk ontwikkel ‘n wonderlike ontwerp. Die vader maak gare van verskillende kleure bymekaar, knik vir die seun wat dan die weefspoel van kant tot kant skuif. Nog ‘n paar drade, nog ‘n knik en weer reageer die seun deur die weefspoel van kant tot kant te skuif. Die stilte word slegs af en toe verbreek deur die kommentaar van ‘n besoeker wat iets oor die finale ontwerp wil weet. In gebroke Engels probeer die vader die prentjie wat hy in sy gedagtes het, te verduidelik. Maar vergeleke met die finale produk is dit maar vaal.

 

Dwarsdeur die proses het die seun die makliker taak. Waarskynlik het hy maar soms verveeld gevoel. Miskien was sy rug seer of het hy krampe in sy bene gekry. Miskien het hy soms gehoop dat hy ‘n ander werk kon kry – iets meer stimulerend en vervullend. Hy het net een taak: hy moet die skuifspoel skuif s sy vader knik. Miskien het hy gehoop dat hy eendag by sy vader sou kon oorneem. Maar die hele tyd bly die ontwerp in die gedagte van sy vader wat die gare in sy hand hou.

 

So kyk ons ook na ons lewens uit ons beperkte menslike perspektief – ons sien nie die patroon of plan nie. Ons sien nie God se geregtigheid aan die werk nie en die lewe lyk maar vir ons deurmekaar en soms selfs onregverdig. God is regverdig en Hy is groter as hierdie lewe.

 

Ons mag dalk nie die volheid van sy plan vir ons in hierdie lewe ondervind nie. Ons mag dalk wonder waarom ons so swaarkry. Maar soos ‘n vakman is God besig om alles uit te werk.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).

 

image_pdfimage_print