Ek haat God

image_pdfimage_print

 

When the Scripture speaks, God speaks – Martin Luther

 

Ek haat God

Onmoontlik. Tog sê Paulus: Ons was haatlik en het mekaar gehaat (Titus 3:3). As dit nou beteken het dat ons die slegte gehaat het, was dit geen probleem nie. Omdat wat die vlees beding vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie (Romeine 8:7 – OAV). Die probleem dat hierdie haat teenoor God dikwels vir ons onsigbaar is – ons is blind daarvoor.

 

Hoe kan ons hierdie haat vasstel?

  • Ons ontken Hom – ons ontken sy bestaan of, soos Petrus, ontken ons onder sekere omstandighede dat ons Hom ken
  • Ons verkleineer Hom – ons ignoreer Hom; ons praat nie met Hom nie; ons luister nie na Hom nie.
  • Ons weerspreek Hom – ons argumenteer oor sy woord, sy werke en sy wil.
  • Ons is ongehoorsaam aan Hom – ons doen wat Hy verbied het of ons doen nie wat Hy aan ons opgedra het nie.
  • Ons beledig Hom – ons praat sleg van Hom; ons gebruik sy Naam as ‘n vloekwoord.
  • Ons blameer Hom – ons sê dat Hy onregverdig is.
  • Ons weier Hom – ons weier sy hulp en sy verlossing.
  • Ons verwring Hom – ons ignoreer sy liefde, barmhartigheid, genade en verlossing en fokus net op sy heiligheid, toorn en soewereiniteit.
  • Ons gebruik Hom – ons verwag Hy moet ons te hulp snel as ons werklik desperaat is, maar andersins ignoreer ons Hom.
  • Ons neem van Hom – ons neem en neem van Hom sonder om Hom te dank en te loof.

 

Sien ons die probleem? Paulus het: Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; Ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat (Titus 3:3). Maar net in die volgende vers gee Paulus vir ons die oplossing: Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser in sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen  deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.

 

Daar is Iemand wat haters liefhet. Hy verander mense wat haat in mense wat liefhet.

 

 

 

image_pdfimage_print