Ek hardloop die geestelike maraton

image_pdfimage_print

 

Prayer is not overcoming God’s reluctance, but laying hold of His willingness. —Martin Luther

 

Ek hardloop die geestelike maraton

Psalm 71 is ‘n interessante psalm. Die opskrif is: “Nou dat ek oud geword het.” Want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou (vers 5); Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie (vers 9).

 

Beteken dit nou dat hierdie psalm geen boodskap vir jong mense het nie? Nee. Die psalmis sê dat sekert sy jeug hy drie dinge gepraktiseer het:

  • In tye van nood het hy altyd sy sekerheid by God gesoek

Wees vir my ‘n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting (vers 3). Dit gaan oor hoe hy lyding en teleurstellings verwerk het. Waar soek ons ons sekerheid in tye van nood?

 

  • Hy het altyd God se lof besing

Ek besing u lof en roem gedurigdeur (vers 8). Dit is die praktyk van daaglikse gebed. Hy sê dat niks hom van hierdie praktyk laat afsien het nie. U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood … Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God, saam met die lier sal ek sing tot u eer, heilige van Israel. Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het (vers 20 en 22 – 23).

 

  • Hy plaas altyd sy hoop vir die toekoms in God.

Hy doen gereelde selfondersoek oor sy hart – wie vertrou hy werklik. Hy wil weet in wie hy rus kry en vir wie hy lewe; hy wil gedurig sy hoop op God herfokus. Hy het nooit oor die jare met hierdie selfondersoek opgehou nie. Daarom wil hy die mense laat weet wat hy in God gevind het. U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag (vers17 – 18).

 

In 1836 tree Charles Simeon na 54 jaar bediening in die Holy Trinity Church in Cambridge af. ‘n Vriend ontdek dat hy steeds elke oggend om vier uur opstaan en sy Bybel lees, nadink, bid. Die vriend wou by hom weet of noudat hy afgetree het hy nie maar later kan slaap nie. Simeon se antwoord: “What? Shall I not now run with all my might when the winning-post is in sight?”

 

As ons van geestelike dissiplines praat, moenie ‘n naelloper wees nie … wees ‘n langafstand atleet.

 

 

image_pdfimage_print