Ek het ‘n angsversteuring. Hoe nou?

image_pdfimage_print

Are the things you are living for worth Christ dying for?” (Leonard Ravenhill).

 Ek het ‘n angsversteuring. Hoe nou?

Daar is baie mense wat met ‘n angsversteuring sukkel – hulle is bang vir alles. Almal van ons is soms bekommerd en bang. Soms is dit so erg dat dit my dag tot dag lewe beïnvloed. Hierdie sogenaamde algemene angsversteuring is dikwels sonder dat ‘n ooglopende oorsaak teenwoordig is.

 Dit beïnvloed vroue twee maal meer as mans. Dit mag wissel van frustrerende gedagtes tot verlammende vrees. Dikwels is daar ‘n chemiese wanbalans wat beteken die persoon op sy eie kan dit nie hanteer nie.

 

 Die vers wat dikwels onder hierdie omstandighede aangehaal word, is Filippense 4:6: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. Daarom hoor ons dikwels: Hou op bang wees – bid net. Vir iemand met ‘n kliniese angsversteuring is dit nie so maklik nie.

 Wat kan ek as ‘n medeglowige doen? Moenie vir hierdie mense sê dat al wat hulle moet doen, is om te bid nie – bid vir hulle en bid saam met hulle. Wees by hulle; plaas jou hand op hulle skouer; wys vir hulle dat jy vir hulle omgee en hulle liefhet.

 Vir diegene met ‘n angsversteuring wat snags wakker lê, is daar net een vertroosting: die vrede van God en die wete dat Hy altyd met ons is.

 

image_pdfimage_print