Ek is oud – ek wil nie meer verander nie

image_pdfimage_print

 

Believers, look up – take courage. The angels are nearer than you think —Billy Graham

 

Ek is oud – ek wil nie meer verander nie

As jy vandag by ‘n erediens instap, wat sien jy?

  • Feitlik geen mans dra ‘n das of pak klere nie.
  • Op die verhoog is daar ‘n verskeidenheid van musiekinstrumente.
  • Groot skerms gemonteer teen die mure waarop die woorde van die liedere en Skriflesing verskyn.
  • Baie lidmate lees die Bybel op hulle fone en tablette.
  • Minder psalms word gesing. Meeste van die liedere wat gesing word, is die afgelope tien jaar geskryf.
  • Gemeentes praat van tradisionele en kontemporêre dienste.

Tye is aan die verander en hierdie verandering is nog nie klaar nie.

 

Lidmate wat al lank in ‘n gemeente is, moet gewoond raak aan verandering. Die leraar dra nie meer ‘n pak klere of das nie; musiek word verskaf deur ‘n groepie met ‘n klavier, verskeie kitare en dromme.

 

Gemeentes moet gedurig verander. Gemeentes wat nie verander nie, is dood. Wat moet ons ouer lidmate te midde van al die verandering doen?

  • Besef dat gemeentes altyd besig is om te verander – as hulle nog lewe. Die gemeente is nooit staties nie.
  • Jy jouself groei en verander as jy lewend en gehoorsaam is. Jou smaak verander met verloop van tyd.
  • Jou behoeftes en vereistes verander.
  • Miskien is jy besig om iets wat die Heilige Gees in jou lewe wil doen, teen te staan. Jy kan tog nie verwag dat die Here iets op dieselfde manier as vantevore doen nie. Jy kan nie dinge teenstaan net omdat dit buite jou gemaksone val nie. Om na Nineve te gaan was ver buite Jona se gemaksone.
  • As jy teen nuwe dinge is, gaan jy moeilikheid met die Here kry: Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” (Openbaring 21:5).

 

Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome … Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. (Psalm 92:13 – 15).

Wat moet ons as ouer mense doen as die gemeente verander? Groei saam.
 

image_pdfimage_print