Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(5)

image_pdfimage_print

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(5) – Hennie Stander

Vandag kyk ons na sekere interessante Bybelgedeeltes ten opsigte van kleredrag

Mansklere en Vroueklere Deuteronomium 22:5. Alhoewel die klere van die antieke mens bale basies was, was daar nogtans verskille tussen die klere wat mans gedra het, en die klere wat vrouens gedra het. So byvoorbeeld was die klere van vrouens dikwels langer (enkellengte) as dié van mans (knielengte). Die verbod teen die dra van klere van die teenoorgestelde geslag, soos dit in Deuteronomium 22:5 uitgespel word, was egter eintlik ‘n uitspraak teen homoseksualisme. Voorts slaan dit ook op goddelose en kultiese praktyke.

Josef se kleed Genesis 37:3.

Die Hebreeus van hierdie vers wat handel oor die kleed wat Jakob vir Josef laat maak het, kan op een van twee maniere vertaal word: Dit kan vertaal word met of “‘n kleed met lang stroke tot by die hande” (m.a.w. ‘n kleed met lang moue) Of met “‘n kleed wat uit verskillende stroke weefsels bestaan het” (m.a.w. ‘n bont kleed). ‘n Baie ou Latynse en Griekse vertaling van die Ou Testament vertaal dit albei met “‘n bont kleed” terwyl die nuwe Afrikaanse vertaling weer vir “‘n kleed met lang moue” kies. Hoe dit ook al sy, ons kan aanneem dat hierdie kleed wat Jakob vir sy jongste seun last maak het, ‘n baie spesiale kleed was.

 

Die bokleed en die onderkleed Matteus 5:40; Lukas 6:29. In

Matteus 5:40 gaan dit om iemand wat jou onderkleed eis, terwyl dit in Lukas 6:29 gaan oor iemand wat jou bokleed neem. Jesus het dit egter nie hier verkeerd om gehad nie en ook het Hy nie Homself in hierdie twee verse weerspreek nie. In die eerste geval gaan dit oor ‘n regsgeding en dit was nie toelaatbaar vir ‘n persoon om beslag te lê op iemand anders se bokleed nie omdat dit dikwels sy enigste beskutting was (Eksodus 22:26-27; Deuteronomium 24:12-13). In die tweede geval gaan dit om die wederregtelike berowing van iemand en in sodanige geval sou die bokleed meer aanloklik wees aangesien dit kosbaarder was.

 

Oor die hoofbedekking van vrouens 1 Korintiers 11:6-15.

Betaamlike vrouens het altyd gesluierd en met ‘n hoofbedekking in die openbaar verskyn. Net straatvrouens het dit nie gedoen nie, want hulle wou natuurlik hul gelaatstrekke ten toon stel om die aandag van mans op hulself te vestig. Paulus ag dit dus nodig om Christenvroue te vermaan om nie hul nuutgevonde vryheid in Christus te ver te voer deur met onbedekte hoofde in die eredienste te bid nie. Dit sou na alle waarskynlikheid net skinderpraatjies in die hand werk aangesien dit deur die gemeenskap verkeerd vertolk kon word.

 

Die priesters se klere

Eksodus 28. Priesters het ‘n linneskouerkleed bo-oor die bokleed gedra. Dit is ‘n efod genoem. Ook Samuel het so ‘n skouerkleed gedra (1 Samuel 2:18-19). Die hoëpriester het spesiale klere gehad maar dit het nogtans aan die basiese patroon voldoen behalwe dat dit ryklik geborduur was en met allerhande tooisels versier is.

 

boervrou

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 

image_pdfimage_print

You may also like...