Geestelike groei

image_pdfimage_print

God is never pleased with ignorant worship, with worship that is not grounded in the knowledge of God. —R.C. Sproul

 

Geestelike groei

Mense woon gereeld eredienste by – hulle buig hulle hoofde in gebed, hulle luister na ‘n preek, hulle sing saam … maar baie van hulle groei nie geestelik nie. Hulle glo dat met hierdie optrede hulle hulle Christelike verpligtings nagekom het. Wat ‘n tragedie.

  

God moet ons nuut maak en ons word sy kinders. Dit is die fondament en hierop moet ons groei. Ongelukkig gebeur dit dat ons soms net op daardie fondament tot ruste kom. Hoe bepaal ons die gehalte van ons Christelike reis?

Kom ons kyk na drie indikatore:

  • Jesus sê dat Hy die brood van die lewe is en wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie (Johannes 6:35).Soos ons Hom meer en meer ondervind, sal ons begeerte na Hom toeneem.
  • Gelowiges wat naby aan hulle Verlosser leef se onderskeidingsvermoë verskerp – hulle sien sonde gouer raak. Ons onderskei dwaalleer gouer.
  • Ons  leer liefde. Die Heilige Gees stel ons in staat om vir mense wat ons vantevore nie raakgesien en aanvaar het nie, om te gee.

 

Ons moet onsself gereeld afvra of ons aan hierdie drie kriteria voldoen.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...