Geloof

image_pdfimage_print

God cannot give us a happiness and peace apart from Himself, because it is not there. There is no such thing. —C.S. Lewis

 

Geloof

Daar is sekere terme wat nie in die Bybel gedefinieer word nie – soos die Drie-eenheid. Geloof word egter duidelik in Hebreërs 11:1 gedefinieer: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ons fokus ons hart en verstand op ‘n werklikheid wat buite ons is – beide in tyd en verstaan. Dit is voor ons (wat ons hoop) en bo ons (wat ons nie sien nie).

 

Om te verseker dat ons die volle betekenis van hierdie vers verstaan, gebruik die skrywer die volgende 39 verse van Hoofstuk 11 om die definisie duidelik te maak. Hy doen dit deur voorbeeld na voorbeeld te noem waardeur hy wys hoe geloof lyk as dit uitgeleef word. Hy doen dit om te verseker dat ons weet wat dinge wat ons hoop en dinge wat ons nie sien nie, is – dat dit nie net leë woorde is nie. Ware geloof is nie net gedagtes en gevoelens nie; dit beïnvloed ons hele lewe; dit lei tot dade van gehoorsaamheid en volharding.

 

Dinge wat ons hoop en dinge wat ons nie sien nie, verwys nie na dinge wat ons ons verbeel nie. Dit verwys na werklikhede wat ons deur die Bybel ken. Paulus sê: Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17).

 

Calvyn sê: Daar is ‘n permanente verhouding tussen geloof en die Woord. Die een kan nie van die ander geskei word nie, net soos ons nie die strale van die son, waarvandaan hulle, kom, kan skei nie … Dieselfde Woord is die basis wat geloof ondersteun en onderhou; as geloof van die Woord wegdraai, misluk dit. Neem die Woord weg en geen geloof bly oor nie.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...