Groei sterker

image_pdfimage_print

 

I’m not afraid of failure. I’m afraid of succeeding at things that don’t matter.” William Carey

 

Groei sterker

Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus (2 Petrus 3:18).

Billy Graham vertel van die ingenieus wat baie jare lede ‘n swaaibrug oor ‘n diep kloof moes oprig. Die grootste probleem was om die swaar staalkabels van die een kant van die kloof na die ander te kry. Dit was in die dae voor helikopters. Die rivier onder in die kloof was vol rotse – dit was te gevaarlik om die kabels per boot van die een kant na die ander te neem. Die oplossing: een van die ingenieurs neem ‘n vlieër en vlieg dit oor die kloof. Aan die ander kant word die vlieër doelbewus grond toe gebring. Daar was nou die dun tou van die vlieër tussen die twee kante. ‘n Swaarder tou word aan die tou van die vlieërs gebind en oor die kloof getrek. Hierdie proses word ‘n paar maal herhaal elke keer met sterker toue. Uiteindelik was dit moontlik om die staalkabels oor te trek.

Geestelike groei is soos die bou van hierdie brug. Soos die skakel oor die kloof sterker geword het, wil God hê dat ons geloof sterker en sterker groei.

 As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan.  Niks sal vir julle onmoontlik wees nie (Matteus 17:20).

As jou geloof se wortels nie in die Bybel is nie, sal dit verwelk. Net ‘n sterk geloof sal jou teen versoeking en twyfel beskerm.

 

Wil jy hê dat jou geloof moet groei? Dan moet die Bybel jou denke versadig. Geloof kom deur die hoor van die boodskap wat ons in God se woord kry. Geloof gebeur nie sommer net nie – dit groei as dit in die vrugbare grond van God se Bybel geplant is.

 

 

image_pdfimage_print