Hoe om God te vertrou as alles deurmekaar is

image_pdfimage_print

Hoe om God te vertrou as alles deurmekaar is

As kinders het ons na die wolke gekyk en hulle lyk soos reuse- kussings. Maar as jy na ‘’n wolk sou uitreik, kry jy net ’m hand vol niks.  Die Prediker gebruik hierdie beeld om ons ondervinding van die lewe te beskryf. Die woord wat hy gebruik beteken letterlik damp –soos ‘’n wolk.. dit kan vertaal word met leegheid, tevergeefs of waardloosheid. Sommige sê die beste vertaling is eintlik onsinnig of dwaas.

 

In die lewe is daar ‘’n kwaliteit wat net nie sin maak nie. Selfs as jy saam met God wag, eindig dinge nie altyd soos jy verwag het nie. Ons almal was al daar. Ons volg die raad van ‘’n boek soos Spreuke, maar eindig met ‘’n ondervinding soos Prediker.

Spreuke en Prediker is bymekaar in die Bybel. Beide is voorbeelde van die wysheidsliteratuur. Speuke is vol wyse raad en om die raad te volg lei gewoonlik tot beter resultate. Prediker is eerlik genoeg om te wys dat daar ‘’n haakplek in die sisteem is.

Die Prediker sê nie dat die lewe sinloos is nie – dit is problematies dit is onsinnig vir diegene wat dink die lewe is netjies en kan bestuur word. Op een of ander stadium gaan die leegheid van die lewe jou slaan. Vir ander help Prediker , want dit vertel die waarheid van ‘’n lewe in ‘’n gebroke wêreld. Dit vertel vir ons hoe om God te vetrou as die lewe oënskynlik sinloos is.

Die laaste woorde van Preiker is ‘’n opsomming van hoe ons moet lewe as alles volgens ons sinloos is: Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat In die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad (Prediker 12:13  -14).

Die wêreld mag vol sinloosheid wees, maar dar is ‘’n God wat groter as die sinloosheid is. Hy sal eendag gergtigheid bring na ons onregverdige wêreld. Hy sal ons wat teleurgesteld is, tevrede stel.

Veral as die lewe sinloos is, soek God. Die doel van Prediker is nie om jou ‘’n ateïs te maak nie, maar ‘’n nederige teïs. Baie van die lewe is onvoorspelbaar. Soek Hom; vrees Hom; vertrou Hom. Onthou dat totdat ons Hom van aangesig to aangesig sien, sal die sinloosheid nie verdwyn bie,

 

Wees dankbaar dat Prediker in die Bybel is, maar wees ook dankbaar dat dit nie die enigste boek in die Bybel is nie. wees dankbaar dat ons ‘’n God volg wat die Spreuke lewe volmaak geleef het. Wees dankbaar dat Jesus die onsinnigheid van die lewe in sy dood ondervind het, sodat ons ‘’n lewe van betekenis en sekuriteit kan leef. God het nie aan ons ‘’n waterdigte filosofie van wysheisd gegee nie, maar ‘’n waterdigte Persoon in Jesus Christus. Hy is dieselfde gister, vandag en vir altyd.

 

image_pdfimage_print