Hoe ontmoet ek Christus vandag?

image_pdfimage_print

 

“Though God may intend man to destroy himself, he also has given man free will and the ability to cleanse himself and his world. The church will not be pessimistic, nor sit quietly in its handsome houses of worship while the war rages outside its churches for the bodies, minds and souls of its parishioners.” – Archbishop Iakovos, Greek Orthodox Archdiocese of America

 

Hoe ontmoet ek Christus vandag?

Jesus Christus kom as die Verlosser – die antwoord op die groot lewensvrae. As ek wil hê my lewe moet verander, moet ek Hom as my Verlosser ontmoet. Om dit te kan doen, moet ek sien wat Hy vir my gedoen het. Daarom gaan ons na vyf sleutelelemente in die lewe van Jesus kyk: 

  • Hy oorwin die bose vir ons
  • Hy tree in vir ons
  • Hy is volmaak gehoorsaam vir ons
  • Hy verlaat die aarde om vir ons te heers
  • Hy verlaat die hemel om vir ons te sterwe

Hy oorwin die Bose vir ons

Reg aan die begin van Jesus se aarse lewe is daar twee gebeure wat mekaar volg: sy doop en sy versoeking in die woestyn (Matteus 3:14 – 4:11). Jesus se doop en versoeking word aanmekaar verbind deur die woordjie toe. God spreek kragtige woorde van versekering: Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My. Toe word Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Na God se seën volg versoeking en beproewing.

Niemand is vrygestel van swaarkry en beproewing nie. Dit is deel van God se misterieuse plan. Versoeking is net die begin van Jesus se lewe. Daarna volg verwerping, verraad, hartseer, marteling en die dood. Hierdie gedeelte wys vir ons die mag en kompleksiteit van die bose in hierdie wêreld. As ons ons vyand onderskat, gaan ons in alle waarskynlikheid die geveg teen hom verloor. As ons nie weet wat om te verwag nie, sal ons oorweldig word.

Matteus sê om die bose te hanteer, moet ons drie vrae vra:

  • Wie is die vyand?

Die Bybel sê die bose is natuurlik en bonatuurlik, binne en buite my, beide in my individueel en in die samelewing. Daar is geen menslike manier om volledig van die bose te ontsnap of om die bose volledig te verstaan nie.

  • Waar is die gevegsfront

Waar/wat is die duiwel se hoof aanvalspunt? Versoeking. Wat sê die duiwel vir Jesus? “As jy die Seun van God is, laat Hy dit bewys.” Ons vra nie bewyse nie tensy ons twyfel nie. Dit is wat die duiwel probeer doen: laat hulle net twyfel. Hy wil verhoed dat ek glo dat Jesus Christus die Seun van God en die Verlosser van die wêreld is. Hy wil hê dat ek moet twyfel of Hy my liefhet en of ek sy kind is,

  • Wat is die beste verdediging in die stryd?

Jesus blaas nie vir die duiwel weg nie – al kon Hy dit doen. Jesus beveg die duiwel met die waarheid. Elke keer as die duiwel Hom aanval, gebruik Jesus die Bybel om Hom te verdedig. Selfs aan die kruis haal Jesus Psalm 22:2 aan: My God, My God, waarom het U My verlaat. As ek God se versekerings, beloftes en openbarings diep in my het, is dit onmoontlik vir die duiwel om enige vastrapplek te kry. Maar om dit te kan doen, vereis tyd en energie – gereelde studie van die Bybel en gebed.

Wat is ons beste verdedigingsmeganisme? Jesus Christus: Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede het nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered word (Hebreërs 4:15 – 16).

image_pdfimage_print