Hoekom volg ek Jesus se roeping?

image_pdfimage_print

 

Unless you point to the good news of God’s grace people will not be able to bear the bad news of God’s judgement. —Timothy Keller

 

Hoekom volg ek Jesus se roeping?

When Jesus bids a man to follow him, he bids him tot come and die (Dietrich Bonhoeffer)

Jesus het gesê dat as ons Hom werklik wil volg, moet ons ons kruis opneem. Die kruis was ‘n simbool van marteling. Bonhoeffer was reg: die eise van Jesus is totaal. Sy oproep om Hom te volg, is nie net ‘n aanbod van ‘n nuwe soort lewe nie, maar ‘n oproep om ons alles te gee. Watter motief sal enigeen oortuig om so ‘n roeping te volg? J. D. Greear sê dat ons in Markus 8:35 – 38 drie motiverings kry.

 

  1. God bring lewe deur gehoorsaamheid

Wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou (vers 35). Gehoorsaamheid aan God mag soos die dood voel, maar in werklikheid is dit lewe. Die vergifnis wat jy gaan gee, sal soos die dood voel, maar daardie “dood” sal ‘n verhouding herstel en jou van die gif van bitterheid vry maak. Daardie sondige verhouding waarvandaan jy wegloop, sal voel soos dood, maar dit open die moontlikheid vir ‘n gesonde, lewegewende verhouding. So kan ons aangaan.

 

Gehoorsaamheid aan God is nooit maklik nie Soms sal dit voel asof die koste van die opoffering net te groot is – dit sal soos die dood voel. Maar as ons helder kan sien, sal ons besef dat dit in werklikheid God se instrument van lewe is.

 

  1. Jy kan in ieder geval nie daaraan vashou nie

Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal ‘n mens kan gee in ruil vir sy lewe (vers 36 – 37).

Waaraan jy nou ook al vasklou wat verhoed dat jy jou volledig aan Jesus Christus oorgee, sal jy nie kan behou nie. Jongmense wil aan hulle seksuele vryheid vasklou en oorweeg nie eers dat Jesus Christus die Here is nie. Jesus vra: “Is dit werklik die moeite werd? Dink jy dit is meer as jou ewige siel werd. Hoeveel mense weier nie om aan Jesus die beheer van hulle beroep of finansies oor te gee nie. Jy kan vir ‘n tyd aan jou geld vashou, maar wat dan? Waaraan jy nou vashou, gaan jy uiteindelik verloor – ons gaan met leë sakke eindig. Hoekom ons siel verruil vir daardie dinge nou?

He is no fool who gives what he cannot keep to gain what he cannot lose (Jim Elliot).

 

  1. Jesus was nie skaam vir jou nie

Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer hy kom saam met die heilige engele, en beklee met dieselfde heerlikheid as sy Vader (vers 38).

Die ironie van hierdie vers is dat Jesus, wat Hom vir ons behoort te skaam het, nie vir ons skaam is nie. Die kruis wat Hy opgetel het, was vrywillig. Ons kan baie baat deur ons kruise op te neem; Hy het niks gehad om te baat nie, maar baie om te verloor. Tog, uit liefde vir my het Hy my geïdentifiseer en ‘n kruis opgetel om my te red. Jesus was die enigste volmaakte mens – Hy het die reg gehad om die dood te vermy. Uit liefde vir my het Hy die dood verduur sodat ek kan lewe. Is dit nie werd om alles te verlaat vir so ‘n God nie?

 

Om Jesus te volg, is nie altyd maklik nie, maar beslis die moeite werd.

 

 

image_pdfimage_print