Hou jou brein skerp

image_pdfimage_print

 

Hou jou brein skerp

Die brein weeg 2 – 3% van jou totale liggaamsmassa, maar gebruik 20% van die liggaam se energie. Dit groei vinnig vanaf geboorte tot in jou middel twintiger jare Daarna is dit afdraande. Jy kan eenvoudige stappe doen om jou brein skerp te hou selfs as jy ouer word.

 

Soos ons ouer word, gebeur sekere breinprosesse onvermydelik

  • Ons brein se volume verminder met 5% per dekade na die ouderdom van 40 jaar. Ons brein bied weerstand teen hierdie agteruitgang. Hierdie staan as die kognitiewe reserwe bekend.
  • Dendriete aan die einde van die breinselle (dink aan die wortels van ‘’n boom) begin agteruitgaan in ons twintigerjare. Hoe meer vertakkings in ons dendriete hoe beter kan die brein inligting verwerk
  • Die grys materiaal (breinselle genoem neurone) begin agteruitgaan in die middel twintigerjare.
  • Die insulasie (miëlin wat om die stert van die neurone vou) verdun met ouderdom Hoe dikker die miëlin hoe vinniger reis die elektriese impulse langs die neurone. Vinniger is beter.
  • Die reseptore vir die neurpo-oordragstof (dopamien) verminder. Hierdie chemiese stof speel ‘’n belangrike rol in aandag, leer en beloning.

Wat kan ons doen om ons kognitiewe reserwe op te bou? Hier is vyf “use it or lose it’ stappe:

  1. Leer, leer, leer. Wees nuuskierig Daag jou brein uit. Leer nuwe dinge Lees boeke en tydskrifte wat jou uitdaag Kyk na kursusse vir volwassenes – baie aanlyn kursusse is verniet.
  2. Prioritiseer vriendskappe. Die Bybel praat dikwels van gesonde samesyn met ander Vriendskap hou jou brein skerp, want as ons met ander in interaksie is, leer ons nuwe dinge en sien ons verskillende perspektiewe wat ons denke rek.
  3. Oefen jou brein met brein speletjies. Jy word nie net beter om die speletjies te speel nie, maar hulle verbeter jou breinkrag en kognitiewe reserwe ‘’n Voorbeeld is BrainHQ)
  4. Kry voldoende slaap tydens slaap word beta-amiloiëd verwyder. Dit is die substans wat ophoop in Alzheimer se siekte.
  5. Leer ‘’n vreemde taal. As ons ‘’n nuwe taal leer maak ons meer doeltreffend van ons brein gebruik. Dit verbeter die brein se vermoë om homself te verander. Wat ons met ons lewens doen en wat ons in ons denke invoer kan ons brein verander.
  6. Hou jou aanbidding sterk. Aan die einde van ons chromosome is daar sogenaamde Hulle is soos die plastiese deel aan die einde van ons skoenveters. Diegene wat gereeld nadink het langer telemere. Daaglikse stiltetyd hou jou brein skerp.

 

As ons mooi na ons brein kyk, sal hy ons goed dien. Die brein is deel van ons liggaam en daarom moet ons aandag gee aan Paulus se woorde in 1 Korintiërs 6:19 en 20: Of besef julle nie dat julle liggame ‘’n tempel van die Heilige Gees is nie. Julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie. Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggame verheerlik.

 

image_pdfimage_print