Julle het tog altyd armes by julle

image_pdfimage_print

 

What history teaches us is that men have never learned anything from it. ~G. W. F. Hegel

 

Julle het tog altyd armes by julle

Hierdie is ‘n vers wat ons almal ken. Wat van die res van Markus 14:7: …en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. Hierdie is ‘n verwysing na Deuteronomium 15:11: Daar sal altyd armes in jou land wees … Maar net soos Markus hou hierdie vers nie hier op nie: en daarom het Ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.

 

 

In beide gevalle kry ons ‘n stelling: daar sal altyd armes by hulle wees. In beide gevalle word dit egter met ‘n opdrag opgevolg: doen goed aan hulle, wees vrygewig teenoor hulle. Jesus onthef ons allermins van ons plig om armes en behoeftiges te help. Ons sal nie alle armoede in ons tyd kan uitwis nie, maar dit beteken nie dat ons maar niks kan doen nie.

 

Daar is mense wat sê dat daar altyd armes sal wees, want daar sal altyd korrupte onderdrukkers wees wat hulle uitbuit. Om armes te help sluit dus in om hierdie korrupte onderdrukkers te weerstaan – hulle vererger net die lot van die armes.

 

Die armes sal altyd daar wees: doen goed aan hulle; wees vrygewig teenoor hulle.

 

 

 

image_pdfimage_print