Kleingroepe en visie

image_pdfimage_print

 

I had rather stand against the cannons of the wicked than against the prayers of the righteous. —Thomas Lye

 

Kleingroepe en visie

Sonder rigting sal jou kleingroep ‘n rustige dood sterf. Goeie kos en alledaagse gesprekke kan nie die fondament wees waarop jy ‘n kleingroep kan bou nie. Baie groepe kom gereeld bymekaar sonder ‘n duidelike mandaat – hulle weet nie of hulle hulle doel bereik nie.

 

Daar is sekere kernvrae wat ons moet vra: Wat definieer ons bymekaarkom? Is dit die moeite werd om tyd saam te spandeer? Kleingroepe het ‘n visie nodig – wat is die funksionele doel van ons byeenkomste. Wat wil julle bereik? Om ‘n visie te ontwikkel verenig en inspireer ‘n groep.

 

Gewoonlik kan ons die doelwiite van die kleingroep sien as:

  1. Ken en dien mekaar voortdurend. Ons bid saam, ons vra vrae, ons dra mekaar se laste, ons leer van mekaar, ons bemoedig mekaar.
  2. Vertrou op die Here in gebed. Gebed is die middel tot alles. Ons kyk na God vir alles wat ons nodig het.
  3. Ontmoet God in sy woord – getrou en vol verwagting. Die Bybel speel ‘n sentrale rol in die byeenkomste. Lees gereeld met geloofsoë; verwag dat God met ons sal praat elke keer as ons sy woord lees.
  4. Maak dissipels vir Jesus. Ons opdrag van Jesus is duidelik. God het ons gered om ons te stuur. Ons is sout en lig in die wêreld. Ons is die manier wat Hy verkies het om sy goeie boodskap te versprei.
  5. Rus met vertroue en in nederigheid in die evangelie. Alles wat ons doen en sê, moet op die fondament van die evangelie gebou word. Ons verdien nie God se liefde nie, maar deur Christus het Hy dit vir ons gegee.
  6. Leef jou verlossing met vreugde uit. Ons moet meer em meer soos Christus leef.

 

Hierdie is ses dinge wat ons as groep wil ondervind as ons onsself in mekaar belê.

 

image_pdfimage_print