‘n Nuwe Kategismus: Vraag 4

image_pdfimage_print

 

Pride wants to earn divine acceptance; humility simply believes it. —Bob LaForge

 

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 4

Vraag: Hoe en hoekom het God ons gemaak?

Antwoord: God het ons man en vrou gemaak na sy eie beeld om Hom te ken, lief te hê, met Hom te leef en om Hom te verheerlik. Dit is reg dat ons, wat deur God gemaak is, tot sy heerlikheid sal leef. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

 

Teksvers:

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep (Genesis 1:27)

 

Kommentaar:

Die heerlikheid van God is die eerste ding wat God se kinders moet begeer. Dit is die onderwerp van een van die gebede van ons Here: Vader, verheerlik u Naam! (Johannes 12:28). Dit is die doel waarvoor die wêreld geskep is. Dit is waarvoor die gelowiges geroep en bekeer word. Dit is die belangrikste ding wat ons moet nastreef: So moet julle God in alles verheerlik (1 Petrus 4:11). Hy alleen verdien om alle heerlikheid te ontvang; ons gee aan Hom al die eer en lof en ons verheug ons dat Hy die Koning van die konings en die Here van die here is. Waar is ons harte? Wat het ons die meeste lief? Is dit ons liefde vir dinge op aarde of in die hemel?

 

‘n Enkele doelwit is die geheim van geestelike rykdom. As ons oë nie duidelik sien nie, kan ons nie loop sonder om te struikel of te val nie. As ons vir twee meesters probeer werk, sal ons nie een tevrede stel nie. Ons kan nie God en die wêreld terselfdertyd dien nie. Dit is tevergeefs; dit kan nie gedoen word nie. God moet die koning van ons harte wees. Sy wet, sy wil, sy voorskrifte verdien ons eerste aandag.

 

Ons het al die talente. Enigiets waarmee ons God kan verheerlik is ‘n talent – ons gawes, ons invloed, ons geld, ons kennis, ons gesondheid, ons krag, ons tyd, ons sintuie, ons rede, ons intellek, ons geheue, ons voorregte as lede van Christus se kerk, ons voordele as besitters van die Bybel – alles, alles is talente. Van waar kom al hierdie dinge? Watter hand het hulle aan ons gegee? Hoekom is ons wat ons is? Hoekom is ons nie die wurms wat in die grond rondkruip nie? Daar is net een antwoord op al hierdie vrae:  Alles wat ons het, het God vir ons geleen. Ons is God se rentmeesters. Ons is God se skuldenaars. Laat hierdie gedagte diep in ons harte insink.

 

Hierdie kommentaar is deur John Charles Ryle (1816 – 1900), die eerste Anglikaanse biskop van Liverpool geskryf. Ryle se aanstelling is aanbeveel deur Benjamin Disraeli, die destydse Eerste Minister. Hy was ‘n skrywer en pastor, maar ook ‘n atleet. Hy het vir Oxford Universiteit geroei en krieket gespeel. Hy was ook verantwoordelik vir die bou van meer as veertig kerke.

Uit Expository Thoughts on the Gospels: St. Matthew (New York: Robert Carter & Brothers, 1870), 51–56, 336–337.

 

Verdere leesstof

 “What is Man?” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.
Humanness” en “Creation” in Concise Theology, by J. I. Packer.

 

Gebed:

Ek bid vir God, in die Naam van Christus … om my nou as volledig syne te ontvang en om my, onder alle omstandighede, so te hanteer, of dit nou tot my voor- of nadeel is. Hy kan met my, wat syne is, doen net wat Hy begeer. Van nou af sal ek nie weer as my eie optree nie – ek sal as my eie optree as ek ooit weer my eie krag gebruik om dinge te doen wat God nie verheerlik nie. Die verheerliking van God is my enigste besigheid. Amen.

 

Hierdie gebed is van Jonathan Edwards (1703 – 1758). Hy was ‘n Amerikaanse prediker, teoloog en filosoof en word pastoor van sy kerk in Northampton, Massachusetts in 1726. Hy is veral bekend vir sy beroemde preek: “Sinners in the Hands of an Angry God.” Hy het ook baie boeke geskryf, insluitend  The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Edwards sterf as gevolg van ‘n inenting teen pokke kort nadat hy as president van die College of New Jersey (later Princeton Universiteit) aangestel is.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...