www.bybelkennis.co.za Blog
Drie dae tot opstanding – Francois Malan
Linelle vra:
Met Jesus se dood het die voorhangsel geskeur en sommige grafte oopgegaan met die opstanding van die gelowiges. Wat het in die 3 dae tot Jesus se opstanding gebeur? Waar was hierdie gelowiges voor hulle Jerusalem binne gegaan het?(met verwysing na Matt.27:52)
Jesus bid vir sy dissipels – hulle posisie in die wêreld (17:11-15) – Francois Malan
17:11 Op die aarde het Jesus die Vader verheerlik deur sy lewe, werk en dood (17:4). Nou keer Hy terug na die Vader, en gaan Hy sy werk op die aarde voortsit deur sy volgelinge. Daarom bid Hy vir hulle, vir hulle lewenswyse en taak in die wêreld.
Jesus se gebed vir die dissipels (17:6-19) – Francois Malan
Na Jesus se gebed vir Homself, om die verheerliking van die Seun van God/Seun van die mens, deur sy kruisdood tot sy hemelvaart (1-5), bid Jesus vir sy dissipels(volgelinge)/apostels(gestuurdes): 6-11a: die rede vir die gebed, 11b-16: vir hulle situasie in die wêreld, en dat God hulle sal bewaar om in Hom te bly en uit die kloue van die Bose te bly, 17-19: vir hulle toewyding aan God deur aan Jesus verbind te bly (17-19).
Groepe op Pinksterdag – Francois Malan
Mandie vra:
Watter 5 groepe was vervul met die Heilige Gees op pinksterdag – 50 dae na Christus se opstanding?