www.bybelkennis.co.za Blog
Wie Jesus ken, ken die Vader (14:7-11) – Francois Malan
14:7 Omdat Jesus die weg is, die middelaar van die waarheid van God, en die lewe van God af, beteken dit as jy Jesus ken, ken jy ook die Vader. Dit is die positiewe kant van 14:6b se negatiewe stelling. Daarby verseker Jesus hulle: van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien! Na drie jaar saam met Jesus het hulle die Vader gesien in alles wat Jesus is en gedoen het (10:30,38); met Jesus aan die kruis en uit die graf sal hulle God sien in sy liefdesdiens aan die wêreld (8:28).
Jesus die weg na God toe (14:1-6) – Francois Malan
14:1 Die woord vir ontsteltenis, waarvan hier gepraat word, is ook gebruik vir die waters van Betesda, wat onstuimig in beweging gebring is (5:7), maar ook om akute emosionele en geestelike spanning te veroorsaak, soos Jesus beleef het toe Hy by Lasarus se graf gestaan het (11:33), die kruisdood voorsien het (12:27), Judas se verraad voorsien het (13:21). Aan die vooraand van sy gevangeneming, veroordeling tot die dood, kruisiging, spot van verbygangers, beveel Jesus sy dissipels: laat julle harte en denke nie in ontsteltenis verwar word nie.
Jesus se nuwe liefdesgebod (13:33-35) – Francois Malan
13:33 Hier begin ‘n lang gesprek (13:33-16:33) wat meer vertel van Jesus se weg tot verheerliking en die lewe en gedrag van sy volgelinge op hulle weg tot verheerliking. Hulle word aangespreek as ‘my kindertjies/my geliefdes’ – die enigste keer in die vier Evangelies word die verkleinvorm van ‘kind’ gebruik om daarmee Jesus se innige liefde vir sy volgelinge te betuig.
Judas word uitgewys (13:26-30) – Francois Malan
13:26 In aansluiting by v18 se aanhaling uit Ps 41:10 ‘hy wat my brood eet’ gee Jesus ‘n aanduiding van wie die verraaier is. Soos Hy gesê het, breek Hy ‘n stukkie brood, doop dit in die bitter kruiesous van die paasmaal en gee dit vir Judas, seun van Simon, die man Kariot – ‘n teken van intieme tafelgemeenskap wat aan Judas aangebied word, as ‘n laaste beroep op Judas om van sy plan af te sien (Judas het waarskynlik net agter Jesus of regoor Hom gelê, binne reikafstand).