www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn)

Geloofsvrae: Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn) – Adrio König

Voorsienigheid en albeskikking (Calvyn)

Calvyn (1509-1564) se voorsienigheidsleer is een groot apologie vir die albeskikking van God, konsekwenter en radikaler as enige van sy voorgangers. God het alles tot in die fynste besonderhede vooraf bepaal, en alles gebeur presies net so. Calvyn is nie huiwerig om intensiewe vorme en kragwoorde te gebruik om te beklemtoon dat God alles vooraf bepaal het, dat niks sonder sy beskikking gebeur nie, en dat Hy in geen opsig sy voorafbepaalde plan verander nie.

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die Probleem

Geloofsvrae: Voorsienigheid: Die Probleem – Adrio König

VOORSIENIGHEID: Die Probleem

Die leer van die voorsienigheid van God is enersyds seker die algemeenste en populêrste oortuiging onder Christene, en andersyds een van die mees problematiese. Dit is dikwels die laaste oorblysel van die Christelike geloof by mense wat omtrent totaal gesekulariseer is. Hoe bekend klink die volgende uitdrukkings nie: Wat moet gebeur, sal gebeur; elke mens het sy tyd; niks gebeur by toeval nie.

Geloofsvrae: Die hel

Geloofsvrae: Die hel – Adrio K

Die hel

Die hel as ‘n plek waar mense (dalk die meerderheid?) vir ewig die allerwreedste pyniging sal ly, is sonder meer die grootste probleem in die Christelike geloof. Dit gee geweldig aanstoot aan die moderne Westerse lewensgevoel wat ná die Verligting in die 18e eeu ontwikkel het en wat ‘n afsku het in wrede strawwe, ‘n lewensgevoel wat tot die vrystelling van slawe gelei het, en wat sovêr moontlik pyn voorkom en verlig.