www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Die Drie-eenheid

Die Groot Geloofswoordeboek: Die Drie-eenheid

Die Drie-eenheid

Die begrip

Die begrip “Drie-eenheid” word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net een God is, maar dat die Vader én Jesus én die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies lyk dit moeilik dat drie maal een (Vader én Seun én Gees) een kan wees.