Paulus se radikale transformasie

image_pdfimage_print

I believe in order to understand – Augustinus

 

Paulus se radikale transformasie

Om te dink Paulus preek vir nie-Jode in Efese. Toe hy nog as Saul van Tarsus bekend gestaan het, was hy ‘n lid van die Fariseërs; hy was sterk teen Jesus Christus gekant; hy was allermins lief vir heidene en Christene. Wat het gebeur wat sy lewe so drasties verander het?

 

 

In Efesiërs 1:1 – 2 kry ons die antwoord. Paulus, soos die mense aan wie hy die brief gerig het, het genade en vrede wat van God deur Jesus Christus kom, ondervind. God het hierdie verhouding geïnisieer. Hy onderbreek Paulus se lewe met die evangelie en stuur Paulus as sy gevolmagtigde gesant uit. As gesant reis hy na Klein-Asië waar hy in verskeie stede, onder andere in Efese, die evangelie verkondig.

 

God stuur hierdie gesant van Hom om die evangelie in ‘n intimiderende geestelike omgewing te verkondig.  Efese was die grootste handelsentrum in daardie gebied en ‘n geestelike smeltkroes. Dit was die fokuspunt van heidense godsdienste en keiseraanbidding. Later skryf Paulus dat hy in Efese teen wilde diere geveg het (1 Korintiërs 15:32). Hierdie verwys moontlik na die teenstand wat hy in sy bediening ondervind het.

 

Paulus die onwerklike gesant van God – gesant omdat hy deur God se genade en vrede aangeraak is. Raak God se genade en vrede ons ook aan?

image_pdfimage_print