Die seënuitsprake van Jesus (1)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (1)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die muwe aarde ontvang

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Ons wil wil meer van God se seëninge in ons lewens weet. Baie Christene is tevrede met die bietjie wat ons het. Maar diep in ons harte is daar ‘n verlange na iets  meer. Ons wil almal soos Dawid sê dat ons beker oorloop. Maar ons staan voor ernstige uitdagings, Hoe lyk ‘n geseënde lewe? Almal wil geseënd wees – in ons verhoudings, in ons besigheid, in ons gemeentes. Die teenoorgestelde van geseënd wees is om vervloek te wees

 

Wat is die geseënde lewe?

‘n Gelukkige huwelik; begaafde kinders; finansiële stabiliteit; gesondheid; geleenthede om te reis; lidmaat van ‘n gesonde gemeente. Almal is seëninge, maar nie een van hulle kom in Jesus se lys voor nie. Jesus sê nie: “Geseënd is hulle wat goeie gesondheid geniet nie”, maar “Geseënd is die mense wat treur.” Volgens Jesus is die seëninge nie te kry waar ons gewoonlik kyk nie, maar daar waar ons nie gewoonlik kyk nie. Jesus se seënuitsprake druis teen die intuïsie in. As jy arm is, het jy geen hulpbronne nie. Niemand wil dit hê nie, maar Jesus praat van ‘arrmoede wat jou ryk maak. Om te treur sal nie op ons wenslysie wees nie. Maar Jesus praat van ‘n soort treur wat vir jou vreugde bring.

 

Hoe herken jy ‘n ware Christen?

Ons wil almal in die Christelike lewe vooruitgaan. Om vooruit te gaan, moet ons eers weet hoe ons doelwit lyk. Wat moet jy najaag? Wat is die onderskeidende tekens van ‘n ware Christen? God het sekere waarhede in die Bybel geopenbaar. Daarom het Ek vir julle gesê. Julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe (Johannes 8:24). Jesus het ook gesê: Wat God van julle verlang,  dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het (Johannes 6;29). Hierdie verse en baie ander leer vir ons dat daar sekere waarhede is waarsonder ‘n persoon nie ‘n Christen kan wees nie.

 

Jakobus herinner ons daaraan dat die bose geeste ook glo (Jakobus 2:19). In die evangelies was dit ‘n onrein man wat eerste bely het dat Jesus die Heilige van God is (Markus 1:24). Die Satan weet wie Jesus is en wat Hy gedoen het., maar Hy weier om Hom aan Jesus te onderwerp. Mense wat bely dat hulle Christene is, maar voortgaan met die sondes van hulle keuse is vals. Vals mense leef nie onder die seën van God nie. Geloof is ‘n noodsaaklike teken van ‘n Christen, maar dit s nie voldoende nie.

 

Dade is ook belangrik: Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het (Matteus 7;24). Jesus verwys ook na mense wat in sy Naam gepreek en deur sy Naam bose geeste uitgedryf het en wonders gedoen het en Hy sê vir hulle: Ek het julle nooit geken nie (Matteus 7:23). Hierdie is indrukwekkende dade maar volgens Jesus is nie een van hierdie dade bewys dat ‘n persoon aan Christus behoort nie.

 

 Vra ‘n paar eerlike vrae

Geseënd is die vredemakers. Is jy ‘n vredemaker? Of maak ek ander mense gespanne.

Geseënd is die barmhartiges: gee ek aan ander? Vergeef ek gou? Is ek barmhartig met die swakhede van ander? Toe Jesus die mense wat geseënd is beskryf het, was Hy besig om jou te beskrywe? Die kerk is ‘n gemengde groep van ware Christene en mense wat hulleself mislei oor hulle ware geestelike toestand..

 

 

image_pdfimage_print