Sy krag verlaat hom

image_pdfimage_print

Sy krag verlaat hom (Rigters 16:13 – 22)

Delila besef dat Simson hierdie keer die waarheid gepraat het. Simson besef dat hy vir Delila die waarheid vertel het en moes besef het toe hy wakker word dat sy krag hom verlaat het.. Tog dink hy dat hy kan weer soos vantevore uitgaan en hom losruk, want hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie. Simson het geleidelik sy eed as Nasareër verbreek..

Die sleutelvers is:Ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk (16:20). Ons het gesien dat al het hy gereeld God se wet verbreek , het   God  hom elke keer krag gegee. Hoekom nie nou nie? Hoekom het Simson nie geloop toe hy vir Delila die waarheid vertel het nie. Inteendeel hy raak op haar skoot aan die slaap. Hoekom? Hy het nie werklik geglo dat sy eed of hare die bron van sy krag is nie. Hy het geglo dat sy krag syne was en maak nie saak hoe hy gelewe het nie hy sou dit nie verloor het nie. Hy kon Nie sien hoe afhanklik hy van God se genade was nie. hy sien sy krag as sy reg en nie as ‘’n gawe van God se genade nie.

Die Filistyne het geglo sy krag was ‘’n wonderwerk. Daarom het hulle sy leuens oor boogsnare en vars toue geglo. Die Filistyne het geglo dat Simson iets moes doen om homself sterk te hou. Simson het gedink dat hy niks hoef te doen om sy krag te behou nie.

God se krag is anders. Dit hang af van ‘’n hartsverhouding. Daar is geen goddlike krag sonder dissipelskap nie. Jesus stuur sy dissipels uit met die krag van die Heilige Gees. Wat is daardie krag? Die wete dat Jesus belowe het: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matteus 28:20). By julle wees dui op ‘’n verhouding. Wat belangrik was, was nie dat Simson se hare afgesny is nie, maar dat God besluit het om hom te verlaat. Die problem was dat Simson meer vir Delila omgegee het as vir God.

God se krag vloei in ‘’n toewyding van liefde en diens aan God. Dit hang steeds van God af. God kan in ons lewens werk al volg ons nie sy reëls nie, maar, soos Simson, kan ons dit nie aanvaar nie. Goddelike krag word nie van buite (volg die reëls) verkry nie. Dit word ook nie maklik verloor (as ons nie ons beloftes aan God nakom nie). Dit hang nie van ‘’n bepaalde tegniek af nie dit is wat God se eie rigter nie verstaan het nie.

 

Hoekom dink ons dat God ons sal seën? Soms glo ons dat hy dit in die verlede gedoen het en daarom sal Hy dit weer doen ons raak   selfvoldaan. Soms glo ons dat God ons sal seën as ons net die regte resep volg Ons bestudeer die Bybel, ons gaan kerk roe, ons bid sodat God ons kan seën ons Christelike pligte soos ons geestelike krag moet uit ‘’n verhouding met God vloei nie uit wat ons doen nie.

image_pdfimage_print