Tagged: Ambassadeurs

image_pdfimage_print

Ambassadeurs vir Christus (5)

We have wasted our time on petty internal quarrels, and neglected the mighty work of converting souls – J. C. Ryle

 

Ambassadeurs vir Christus (5)

Wat beteken dit as ons sê dat ons ambassadeurs vir Jesus Christus is? Ons gaan ‘n hele paar blogs hieraan afsonder. As basis gaan ons van 2 Korintiërs 5:11 – 21 gebruik maak.

Die ambassadeur se doel.

Wat wil die ambassadeur bereik? Hoe kan ons die doeltreffendheid van sy werk meet? Die doel is dat ‘n goeie verhouding tussen die Verlosser en die mense om ons gevestig word. Die moeiliheidsgraad van die werk van die ambassadeur word tot ‘n groot mate deur die gesindheid van die kultuur om hom teenoor die regering wat hy bedien, bepaal. Ambassadeurs speel nie op ‘n gelyke speelveld nie. Ambassadeurs vir Christus werk in verskillende geestelike klimate. God stuur van sy beste ambassadeurs na die moeilikste werkplekke. Ons moet ons doel deur oorreding en uitnodiging najaag met die oog op lewensverandering.

Ambassadeurs/Gesante

Headship is not a ticket to privilege but a charge to responsibility.  It is not tyranny, but leadership based on love. —Erroll Hulse

 

Ambassadeurs/Gesante

Ter wille van hierdie evangelie is ek ‘n gesant in boeie (Efesiërs 6:20). Paulus sien homself as ‘n gesant in boeie. In 2 Korintiërs 5:20 sê hy: Ons tree dus op as agente van Christus, en dit is God  wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het.

image_pdfimage_print