Versoening: Wat beteken dit?

image_pdfimage_print

Truth has no degrees or shades. A half truth is a whole lie, and a white lie is really black. —John MacArthur

 

Versoening: Wat beteken dit?

Wat beteken versoening? Eenvoudig gestel, beteken versoening die optrede waardeur iemand of iets van sonde gereinig word. Ons kry hierdie konsep vir die eerste keer  waar die priesters ingestel word en die tabernakel gewy word vir Israel se aanbidding:  Elke dag moet jy ‘n bul as sondeoffer offer. Jy moet die altaar deur jou versoeningsoffer reinig en dit salf om dit te wy. Sewe dae lank moet jy ‘n versoeningsoffer op die altaar bring en dit wy (Eksodus 29:35 – 37).

 

 

In Levitikus 16 lees ons van die instelling van die jaarlikse versoendag (Yom Kippur). Nou word versoening na die res van die volk uitgebrei. Elke jaar sal die hoëpriester simbolies die priesters en tabernakel simbolies reinig deur diereoffers en die sondebok. Daarna doen hy dieselfde vir die volk.

 

Mettertyd lees ons van ‘n groter versoening wat God besig is om vir sy volk voor te berei  – ‘n versoening wat finaal en ten volle die sonde sal hanteer en wat vir ewig doeltreffend gaan wees (byvoorbeeld in Esegiël 16:59 – 63). In die Nuwe Testament sien ons dat hierdie offer die dood van Jesus Christus is.

 

Die skrywer van Hebreërs verbind die dood van Jesus Christus met die ou verbond se konsep van versoening. Hy wys hoeveel groter Jesus se offer is:

Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.  Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.  Deur die een offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak (Hebreërs 10:11 – 14).

 

Die wonder van Christus se versoening is dat dit nie meer tot ‘n besondere nasie (Israel)  of plek (die tabernakel) beperk is nie. Dit word ook nie meer deur diereoffers gesimboliseer nie. Deur sy eie bloed het Jesus ons met God versoen – waarlik en vir altyd. Hierdie versoening bied Hy aan almal wat in sy offer vir ons vertrou.

 

image_pdfimage_print

You may also like...