Wat beteken dit om God te vrees?

image_pdfimage_print

Heat cannot be seperated from fire, or beauty from the eternal – Michelangelo

Wat beteken dit om God te vrees?

Luther het tussen ‘n slaafse/onderworpe vrees en ‘n kinderlike vrees onderskei. Die onderworpe vrees is dié wat ‘n gevange in ‘n martelkamer vir sy bewaarder het – ‘n dodelike angs waarin jy bang is vir die gevaar wat deur die ander persoon verteenwoordig word; dit is die vrees wat die slaaf vir ‘n kwaadwillige eienaar met ‘n sweep in sy hand sal hê. Dit is die gesindheid van knegskap teenoor ‘n kwaadwillige eienaar.

 

Hy onderskei dit van wat hy kinderlike vrees noem – die vrees wat ‘n kind vir sy pa het. Hy het groot respek en liefde vir sy pa en ma en wil hulle graag tevrede stel. Hy is bang hy kom diegene wat hy liefhet te na, nie omdat hy bang is vir marteling of straf nie, maar hy is bang hy stel diegene wat hy liefhet teleur. In die wêreld van die kind is dit ook sy bron van sekuriteit en liefde.

Hierdie onder skeiding help ons. Die fokus is op ‘n gevoel van verwondering en respek vir die majesteit van God – iets wat ons selde vandag onder Christene kry. Ons raak baie onverskillig oor God – ons het ‘n casual verhouding met die Vader. Ons word uitgenooi om vir Hom Abba te sê. Dit beteken allermins dat ons onverskillig teenoor Hom kan wees. Ons moet altyd ‘n gesonde respek en aanbidding vir Hom hê.

Maar ons moet altyd weet dat God wel skrikwekkend kan wees: Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val (Hebreërs 11:31. As sondige mense het onsrede om God se oordeel te vrees – dit is deel van ons motivering om met God versoen te word.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...