Wat beteken kerk?

image_pdfimage_print

Blog35

In order that people may be happy in their work, these three things are needed: they must be fit for it; they must not do too much of it; and they must have a sense of success in it. -John Ruskin, skrywer en sosiale hervormer (1819-1900)

 

Wat beteken kerk?

As ons sê kerk waarvan praat ons? Die gebou? Die kerkraad? Ons weet dat die kerk dit is wat oorbly nadat die gebou afgebrand het – die mense. Maar wees eerlik: die woord kerk is deur die kultuur gekaap. In hierdie kaping staan die kerk nie onskuldig nie.

 

Vra vir iemand buite die kerk wat kerk is, kan jy ‘n antwoord kry soos die volgende: “Die kerk is ‘n plek wat goeie dinge doen – hulle gee kos vir die behoeftiges. Hulle is soos ‘n nie-winsgewende organisasie, Die lede van die kerk het hulle eie klub en elke Sondag gaan hulle na hulle klubhuis.” [Jy kan natuurlik ‘n erger reaksie as dit kry!] Hierdie is ‘n probleem. Die kerk is nie gestig as ‘n agentskap om nood te verlig nie. Die kerk is gestig om ‘n organisasie te wees wat dissipels maak.

 

Bill Tenny-Brittian sê die grootse probleem vandag is dat die woord kerk deur die lidmate gekaap is om min of meer dieselfde te beteken. Die kerk bestaan om “goed te doen” en lyding in die gemeenskap te verlig. Baie lidmate hanteer die kerk as ‘n klub. Maar ‘n klub hanteer sy lede anders as die Bybelse siening van ‘n kerk.

 

In ‘n klub …

  • Is lede belangrik – die klub bestaan vir sy lede.
  • Die meerderheid heers.
  • Daar word na lede omgesien sodat hulle gemaklik is en hulle voorkeure geniet aandag.
  • Lede is geregtig.

 

Dit pas nie in by die Bybelse model van ‘n kerk nie.

In ‘n kerk …

  • Diegene wat nie lede is nie is dié belangrikste – die kerk bestaan vir die kerkloses.
  • Wat goed is vir die sending heers.
  • Lede sien af van hulle persoonlike gemak en voorkeure ten gunste van diegene “wat nog nie daar is nie.”
  • Lede het verantwoordelikhede.

Die kerk se rede vir bestaan is om dissipels te maak. Daarom moet hulle hulle getuienis deel – hulle moet persoonlik aan ander vertel wat Jesus in hulle lewe en die lewe van ander gedoen het.

 

Die kerk moet weer die Bybelse model van wat dit beteken om kerk te wees, navolg. Dan sal die kerk weer sy invloed in die kultuur kan uitoefen – en nie andersom soos dit nou is nie.

 

 

image_pdfimage_print