Wat leer Spreuke ons van wysheid?

image_pdfimage_print

“To believe in Jesus Christ and to be of the elect is one and the same thing, just as not to believe in Jesus Christ and not to be of the elect is the same thing.” – Emil Brunner

Wat leer Spreuke ons van wysheid?

Ons lewe is vol probleme, besluite wat geneem moet word, omstandighede wat wysheid vereis. In Spreuke kry ons daardie wysheid van ons Vader. Jakobus sê dat ons vir wysheid moet bid (1:5) en dat ware wysheid van Bo kom (3:15).

 

Die boek Spreuke is een van die grootste versamelings van tydlose raad en ware wysheid. Ons kry een belangrike tema dwarsdeur die boek: Kennis begin met die dien van die Here (1:7). Wysheid kom van God af. Daar is drie dinge wat Spreuke ons leer oor wysheid.

  • Wysheid gaan oor verhoudings

Ware wysheid kry ons nie behalwe in ‘n verhouding met God nie. Wysheid vloei uit ons verbondsverhouding met God. ‘n Persoonlike verhouding met God is die bron van ons wysheid. Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig (2:6). Wysheid gaan dus nie net oor wat jy ken nie, maar ook oor wie jy ken. Dit begin as ons die rol van God in ons eie lewens besef.  Wysheid word gebou op ons verhouding met God wat as Vader sy kinders in wysheid onderrig.

 

  • Wysheid is prakties

Wysheid is die besit van kennis met die doel om dit toe te pas. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop (3:5 – 6). Waaraan daar ‘n groot gebrek in ons samelewing is, is nie ‘n gebrek aan kennis nie, maar aan wysheid. Ons is so bekommerd oor dit wat ons nie weet nie in plaas daarvan om dit wat ons wel weet, toe te pas.

 

  • Wysheid is nederig

‘n Wyse persoon is nie volmaak nie, maar hy is leerbaar en aanvaar regstelling as dit gegee word. Deur teregwysing en onderrig te aanvaar, wys die persoon dat hy nie trots is nie. As jy wil wys wees, moet jy bereid wees om te leer. Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige en sy kennis vermeerder (9:8 – 9).

 

Wysheid gaan oor voortdurende groei. Wees nederig en bid vir wysheid. Omdat wysheid nie sy oorsprong in ‘n individu het nie, is daar niks om oor te spog nie. In Spreuke is die dwases wys en die wyses nederig. Bid ons nog vir wysheid?

 

image_pdfimage_print

You may also like...