Wees gelukkig in elke seisoen.

image_pdfimage_print

Wees gelukkig in elke seisoen.

Elke ding het sy vasgestelde tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ‘’n tyd om gebore te word, ‘’n tyd om te sterwe,  ‘’n tyd om te plant, ‘’n tyd om plante uit te trek, … ‘’n tyd om aan te skaf, ‘’n tyd om te laat wegraak, ‘’n tyd om te spaar, ‘’n tyd om weg te gooi … Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘’n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas op ‘’n bepaalde tyd (Prediker 3:1 – 2; 6; 9 – 11) hier gaan dit oor die verskillende seisoene in ons lewens. Die seisoene marsjeer voort of ons nou daarvan hou of nie. Ons kan op hierdie veranderende seisoene op een van twee maniere reageer;

1.  Ons kan alles as onsinnigheid sien en daarvan vergeet. Dit sal tot ontnugtering lei;  of

  1. Ons kan die aanvaar en dit ten beste gebruik. Dit sal tot blydskap lei

 

Dit vereis wysheid om die veranderende seisoene van die lewe te aanvaar. Dwase weerstaan die proses en probeer aan een seisoen vasklou. Dit is die dwaas wat aan sy jeug vasklou en veroudering weerstaan. Ek moet fokus op die nuwe hoofstuk in my lewe wat God aan my gegee het.

 

Daar is ook ’n  tyd om jou verlede te los. Kyk net na al die plekke wat opgerig word waar mense hulle oortollige dinge kan stoor. Hoekom? Die oorvloedige lewe berus nie op oorvloedige besittings nie.

 

Daar is ‘’n tyd om groot te word. Van ons jongmense probeer adolessente bly – sonder enige verantwoordelikhede, partytjies elke aand, tree op soos selfgesentreerd kinders en word nog deur hulle ouers versorg. Sny die naelstring en aanvaar verantwoordelikheid. Jou kinderjare is veronderstel om vol vreugde te wees, maar daar is ‘’n tyd om volwasse te word. Ja, dit is vol uitdagings, maar ook vol geleenthede en vreugdes.

 

Daar is ook ‘’n tyd om jou van sekere mense los te maak. Dit mag ‘’n romantiese verhouding wees wat nie so lank geduur het soos jy verwag het nie. Om oor ‘’n verlies te rou is goed en toepaslik, maar God het ‘’n hele lewe voor jou. Vreugde lê nie in die verlede nie, maar in die hede met alles wat God vir jou beplan.

 

God het seisoene in ons lewens bepaal. Soms verwelkom ons die verandering en soms weerstaan ons dit. Wysheid aanvar elke seisoen en laat God toe om vir ons te wys hoe ons dit kan geniet.  Ons ken immers die Skrywer wat elke reël van elke hoofstuk skryf.

 

image_pdfimage_print