Is wettisisme besig om jou vreugde in bediening dood te maak?

image_pdfimage_print

 

Outside the church there is no salvation – Ciprianus

 

Is wettisisme besig om jou vreugde in bediening dood te maak?

Wettisisme maak die vreugde wat jy ondervind as jy ander dien, dood. Maar wat is wettisisme? Wettisisme gebeur wanneer ons ons verhouding met Jesus Christus vervang met ons eie reëls en rituele. Dit verwyder die fokus van wat God vir ons gedoen het met wat ons vir God doen.

 

In Filippense 3 vertel Paulus vir ons dat hy op ‘n stadium ‘n wettisis was. Hy wys op vyf manier waarop hy ‘n wettisis was – iets wat nog by van ons spook.

  1. Wettisisme beteken jy plaas jou vertroue in rituele

Ek is op die agste dag besny (3:5a). Vandag sê ons: “Ek is gedoop,” of “Ek is ‘n lidmaat,” of “Ek gebruik nagmaal.” Alles goeie dinge, maar daarmee kry ek nie God se goedkeuring nie.

 

  1. Wettisisme beteken dat ek my vertroue op ‘n ras plaas

Van geboorte ‘n Israeliet, uit die stam van Benjamin (3:5b). Vandag sou ons sê: “Ék het die stamboom – my pa was ‘n sendeling/predikant.” Nou glo hulle hulle het ‘n verhouding met God. Dit werk nie so nie. Elkeen moet self besluit om Jesus Christus te volg.

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue in ‘n godsdiens te plaas

‘n Egte Hebreërs (3:5c). Ons wys nog steeds na ons denominasie wanneer mense vra oor ons verhouding met God. God gaan nie eendag vra aan watteer denominasie ons behoort het nie, maar oor hoe ons gereageer het op sy Seun – Jesus Christus.

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue in reëls te plaas

In wetsopvatting was ek ‘n Fariseër. Die Fariseërs was die geestelike elite Hulle verander die tien gebooie in 613 reëls. In wese sê Paulus hier: “As julle oor reëls wil praat, ek kan saampraat.”

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue op jou reputasie te bou

In my ywer ‘n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik (3:6). Vandag spog ons dalk oor hoe lank ons gebid het, hoeveel mense ons tot bekering gelei het … Nie een van hierdie dinge sal God gelukkiger met ons maak nie.

 

Niks is met enige van hierdie dinge verkeerd nie. Die probleem is as ons dink deur hulle te doen, verdien ons punte by God. Hy het ons onvoorwaardelik lief. As jy op hierdie dinge begin vertrou, verloor jy jou vreugde. Die teenmiddel teen wettisisme is genade. Genade beteken dat ek nie God se liefde hoef te verdien nie.

 

Die probleem is dat in bediening skuif ons subtiel ons perspektief van dit wat God vir ons gedoen het tot dit wat ons vir Hom in bediening doen. Gevaarlik. Die Christelike lewe is nie ‘n ritueel of reëls nie – dit gaan oor verhoudings. Die fondament van godsdiens is nie prestasies nie, maar Jesus Christus.

 

image_pdfimage_print