Wil jy God se stem hoor?

image_pdfimage_print

 

Press forward. Do not stop, do not linger in your journey, but strive for the mark set before you. Fight the good fight of faith, and God will give you spiritual mercies. – George Whitefield

 

Wil jy God se stem hoor?

Die lewe is moeilik en beweeg baie vinnig. Dit plaas groot druk op ons om net by te bly. Kan ek God se stem bo al die geraas hoor? Een van die grootste uitdagings van ons moderne lewe is die sin van dringendheid wat dit skep. ‘n Gesonde gevoel van dringendheid is goed om dinge gedoen te kry – dit hou ons gefokus.

 

Maar ‘n gevoel van dringendheid maak nadenke en rus moeilik. Maar ons moet God in stilte en afsondering soek; ons moet oor die Skrif nadink. Dit is alles moeilik as gevolg van die kultuur se klem op dringendheid. Dringendheid is soos ‘n magneet – dit trek ons weg sodat ons nie God se stem kan hoor nie. As gebed berus op dringendheid dikteer ons die vrae wat God moet antwoord in plaas daarvan dat ons luister na wat Hy vir ons wil sê.

 

Kom ons kyk na Elia (1 Konings 18). Hy het ‘n moeilike dag agter die rug – hy het pas die profete van Baäl gekonfronteer. Nou word hy in ‘n politieke drama vasgevang met ‘n losprys op sy kop. Hy vlug na die woestyn en gaan sit onder ‘n besembos – desperaat. Wat is God se reaksie hierop? Word wakker. Eet. Wag Luister. God reageer nie op Elia se sin vir dringendheid nie – Hy wil hê dat Elia rustig moet raak en Hom soek. Ons besig wees en dringendheid verhoed dat  ons hom hoor.

 

  1. Dringendheid begin die gesprek by ons probleme en nie by God se plan nie

Ek moet altyd onthou dat God in beheer is; Hy sal met my praat en voor my uitgaan. My rol is om Hom te vertrou. God sien die groter prentjie. Ons glo dat God ons angs moet uitwis; die las rus op ons om te wag en Hom te vertrou. Afsondering voel nooit prakties of gemaklik nie, maar ons gebedslewe is onvoldoende sonder afsondering.

 

  1. Dringendheid wil hê dat die gesprek vinnig moet wees, maar God wil ons harte voorberei om te luister

Voordat God enigiets vir Elia sê, laat Hy hom slaap, eet, slaap en eet. Daarna moet Elia 40 dae reis. God se begeerte om met Elia te praat, neem hom buite die alledaagse lewenspatroon. Daar is niks vinnig of modern om ure (selfs dae) alleen met God te spandeer nie. Alles moet vinnig gaan. Dit is goed by McDonalds, maar dit is nie hoe verhoudings werk nie. God is nie ‘n geestelike diensverskaffer nie. Ons moet tyd – baie tyd – alleen met God spandeer. Wag vir Hom om in die stilte te praat.

 

  1. Dringendheid skryf God in ons storie , maar God verkies om ons in sy storie in te skryf.

Ons begin dikwels ons gebede met: “God wat is U wil vir my lewe.” Sal dit nie beter wees as ons begin met: “God, hoe kan ek U met my lewe dien” nie. Om werklik na God te luister vereis nederigheid, gehoorsaamheid en onderwerping. Is ek werklik bereid om te doen wat God my vra as Hy met my praat? Wil ek regtig beheer oor my  geld, tyd en verhoudings aan God oorgee?

 

 

image_pdfimage_print