22 Maart: By die Here is daar altyd plek. – Jan van der Watt

image_pdfimage_print

Luk 9:44-62 (fokus 9:49-50)

Ons voel dikwels ongemaklik as mense die Here anders dien as ons. Wie is nou eintlik reg? Dit het die dissipels ook gepla (9:49-50). Omdat ons verhouding met die Here so persoonlik is en ons so naby Hom voel, is dit vir ons vreemd dat ander mense op ‘n ander manier naby Hom kan wees. Ons is geneig om dan dadelik op verdediging te gaan of hulle eenkant toe te skuif.

Natuurlik gaan dit nie in 9:49-50 oor mense wat teenoor Jesus kom staan nie, maar graag by Hom wil staan – wat saam met Hom die duiwel die stryd wil aansê. As hulle dit miskien nie so goed soos jy doen nie of anders doen, moet jy nie te vinnig kritiseer nie. Jesus mag op maniere of plekke werk wat ons nie verwag nie.

Mense moenie toegesluit of uitgesluit word as dit by Jesus kom nie; behalwe as hulle hulleself uitsluit deur teenoor Jesus te gaan staan. Jesus self sluit nie uit nie, maar nooi saam, die liefdevolle Johannes, die robuuste Petrus, die sorgsame Andreas. By die Here is daar plek vir baie… baie mense en baie verskeidenheid.

image_pdfimage_print

You may also like...