Bemoediging en Barnabas

image_pdfimage_print

 

This generation of Christians is responsible for this generation of souls on earth. —Keith Green

 

Bemoediging en Barnabas

Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring (Handelinge 9:27)

Een van die belangrikste funksies van ‘n leier is om die hoop lewend te hou. As ander verlore is in ‘n donker doolhof van wanhoop, moet leiers die donkerte met positiewe projeksies vir die toekoms verdryf. Hulle maak diegene om hulle weer optimisties oor hulleself, ander en die toekoms van die organisasie. Hulle kom langs ander staan; hulle weet of ‘n spanlid ‘n vinnige teregwysing of ‘n skouer om op te huil nodig het.

Daar is sekere geen karakter in die Nuwe Testament wat die vermoë om te bemoedig beter illustreer as juis Barnabas nie. Sy naam beteken “seun van bemoediging.” Die volgelinge in Jerusalem was bang vir Saulus – hy het immers ‘n reputasie vir ywer en wreedheid gehad. Geen wonder hulle betwyfel die geldigheid van sy belydenis van sy geloof nie. As toegewyde Fariseër het Saulus die volgelinge van Jesus vervolg.

 

As gevolg van hierdie agterdog lyk dit asof Saulus se bediening sou doodloop nog voor dit aan die gang kon kom. Dit kon dalk gebeur het as Barnabas nie ingetree het nie. Hy staan langs Saulus en bring hom na die apostels. Daar vertel hy vir die apostels van Saulus se bekering en dat hy reeds openlik in die Naam van die Here gepreek het. Barnabas moedig die apostels aan om Saulus te aanvaar – wat hulle dan ook gedoen het. Barnabas gee die nodige ondersteuning wat Saulus op daardie stadium nodig gehad het.

 

Barnabas, soos alle doeltreffende leiers, bied ondersteuning wanneer dit nodig is. Sê nou maar net dat Barnabas nie vir Paulus ingetree het nie. Wat sou dan met Paulus se bediening gebeur het? Sy optrede getuig van liefde en moed. Ons as gelowiges moet Barnabas se voorbeeld volg. ‘n Klein bietjie bemoediging kan diegene om jou weer motiveer.

 

Omdat God ons liefhet, wil Hy ons graag bemoedig. Bemoediging was ‘n sleutel tema in die openbarings van die profete – God het in liefde sy mense bemoedig. ‘n Goeie voorbeeld van wedersydse bemoediging is Dawid en Jonatan (1 Samuel 18:1 – 4).

 

Bemoediging vir ‘n mens is soos wind vir ‘n seil – dit beweeg mense na vore. Almal van ons het bemoediging nodig. Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Hebreërs 3:13).

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...