Bybelverse wat dikwels misbruik word (2)

image_pdfimage_print

A Jesus who never wept could never wipe away my tears. —C.H. Spurgeon

Bybelverse wat dikwels misbruik word (2)

In die vorige blog het ons na drie voorbeelde gekyk. Hier volg nog twee.

  • Alles ten goede

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).

 

Ons gebruik dit dikwels teenoor ‘n ander gelowige wat deur ‘n moeilike tydperk gaan. Ons herinner hulle daaraan dat uiteindelik sal alles ten goede uitwerk. Moenie bekommerd wees as jy jou werk verloor nie – God het iets beter beplan vir jou. Onthou alle dinge werk uit ten goede – onthou dit.

Hier is twee belangrike sake in hierdie vers:

  1. oHierdie vers hanteer diegene wat Hom liefhet – hierdie vers is nie vir almal nie, maar spesifiek vir gelowiges.
  2. oDie goed is nie ons gemak nie, maar ons gelykvormigheid aan Christus. Die goeie hier lei ons van heiligmaking en uiteindelik heerlikheid – nie ons omstandighede wat van sleg na goed verander nie.
  • Waar daar geen visie is nie

Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder ‘n volk; dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou (Spreuke 29:18).

Die King James Version vertaal hierdie vers soos volg:

Where there is no vision the people perish, but happy is he who keeps the law. 

Jou gemeente sal nie sterf as julle nie ‘n visiestelling het nie. Visiestellings is goed, maar hierdie vers sê nie vir kerkleiers dat hulle ‘n beter handelsmerk moet opbou nie. Hierdie vers beteken nie dat as kerkleiers nie ‘n duidelike visie het nie, die lidmate verlore sal gaan nie.

 

Die kernwoord is vision. Dit beteken openbaring en verwys na die Woord van God of die openbaring van God – of soos dit in die NAV lees: die wil van die Here. Dit is wat in Nehemia gebeur het – die mense het die Woord van God herontdek en dit is vir almal voorgelees en verduidelik. Die gevolg is herlewing. Hierdie vers is nie van toepassing op ‘n bouprojek of ‘n vyf jaar plan vir jou lewe nie, maar dit herinner ons daaraan dat dit God se woord is wat vir ons lewe gee … as ons dit gehoorsaam.

 

Daar is natuurlike ander verse ook wat ons by hierdie lys kan voeg. Die les is dat ons nie sommer ‘n vers moet gryp en toepas sonder dat ons die konteks bestudeer het nie.

image_pdfimage_print