Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Sabbat en Sondag (3) – Kobus Kok
Gerhard vra:
Na aanleiding van Dr Kobus Kok se antwoord op my vraag. Hy skryf onder andere: “Van die heel begin van die skepping af, volgens die Hebreeuse, of OT tradisie is die Sabbat op die sewende dag en dit gaan terug na die skeppingsverhaal.” Ek het gedink dit was ‘volgens die skeppingsverhaal’ in die Ou-Testament, met ander woorde, ín, en ‘vólgens’, God se Woord, God se Woord vir die HELE Israel; van God soos byvoorbeeld die Christene. Nou moet ek verneem ek het myself al die tyd verlaat op “die Hebreeuse tradisie”. Kan ek nou God of sy Woord, vertrou?
Reuse in die Bybel – Marius Nel
Elmarie Potgieter vra:
In Genesis voor die Sondvloed lees ons oor die hemelwesens wat afgekom het aarde toe en uit hulle is Reuse gebore. Daarna het die Sondvloed gebeur en dus almal is dood. My vraag is, later in die Bybel lees ons van Dawid en Goliat, waar Goliat gesê is as ‘n Reus. Hoe het daardie Reus dan ontstaan, of was sy voorkoms slegs as Reus omdat Dawid bietjie kleiner was?
Psalm 16:3 – Marius Nel
Lou Pistorius vra:
Mens moet dit seker nie so letterlik sien nie, maar hoe werk dit dat Psalm 16:3 in 1953 lui: “Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is,” maar 30 jaar later “die afgode in die land, so aantreklik vir baie – met hulle wil ek niks te doen hê nie?”
Wanneer het die Sabbat na Sondag verskuif en waarom? – Kobus Kok
Van die heel begin van die skepping af, volgens die Hebreeuse, of OT tradisie is die Sabbat op die sewende dag en dit gaan terug na die skeppingsverhaal.
Ons lees in Genesis 2:1-3 “Op die sewende dag het God alreeds alles geskep en 2) op die sewende dag het God gerus 3 God het die sewende dag geheilig en as gereelde rusdag ingestel…”