Category: Het Jy Geweet?

image_pdfimage_print

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (5)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (5) – Jan van der Watt

Destydse families was ook uitgebreide families. Die werksmense en slawe is as deel van die familie gesien. Die familie moes ook vir hulle sorg en hulle moes lojaal teenoor die familie bly. Daarom word slawe of werkers wat nie goeie werk doen nie, kwaai veroordeel (Matteus 24:45-50). As hulle verkeerd werk, laat hulle die hele groep in die steek.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (4)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (4) – Jan van der Watt

Kinders was die krag van ʼn gesin, veral seuns. Kinders is gesien as “ontluikende persoonlikhede”. Dit beteken dat hulle soos ʼn leë glas is: die basiese karaktertrekke is daar, maar deur onderrig in die familie moes die glas volgemaak word.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (3)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (3) – Jan van der Watt

Die ma se rol was om kinders in die lewe te bring en hulle dan te versorg. Dit klink eenvoudiger as wat dit is. Huisvrouwees was nog nooit maklik nie. Baie druk was op die vroue om water te gaan haal in putte en riviere, om te sorg dat daar kos is – hulle moes selfs boer (Spreuke 31) – en dan nog die kos gereed te kry en bedien.

Het jy geweet? Wat word van “beendere”?

Het jy geweet? Wat word van “beendere”? – Jan van der Watt

Daar was destyds eerbare en oneerbare begrafnisse. ’n Eerbare begrafnis het beteken dat mense rou oor die gestorwene (vir sewe dae intensief en vir die direkte nabye familie tot ’n jaar lank) en dat die gestorwene in ’n familiegraf begrawe moes word.

image_pdfimage_print