Is die kerk nog Christelik?

image_pdfimage_print

“As a moth gnaws a garment, so doeth envy consume a man.” ~ St. John Chrysostom

Is die kerk nog Christelik?

‘n Baie snaakse vraag om te vra. Michael Horton ( Christless Christianity) sê dat hy soms die gevoel kry dat baie leraars in die Bybel soek vir aanhalings wat by hulle preek pas – verder is die Bybel irrelevant. Dit is tog sekerlik ‘n oordrywing. Maar kom ons kyk van nader  na die kerk vandag:

 

  • God is vir ons ‘n persoonlike hulpbron – nie meer iemand wat ons ken, vertrou en aanbid nie.
  • Jesus Christus is ‘n lewensafrigter met ‘n baie goeie wedstrydplan vir ons oorwinning – nie meer ons Verlosser wat alles reeds vir ons gedoen het nie.
  • Verlossing verwys na ‘n goeie lewe nou – nie meer na ons Verlosser van God se oordeel nie.
  • Die Heilige Gees is ‘n elektriese prop wat ons inprop wanneer ons krag nodig het.

Die kerk in die Weste word toenemend ‘n kultuurinstelling wat nog slegs ‘n sentimentele band met Jesus Christus het. Ons het nie meer baie krag vir Paulus se boodskap nie: Ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en dit die ander is dit onsin (1 Korintiërs 1:23). Die kerk kan tog nie ‘n aanstoot wees nie, want dit bots met ons verbruikerskultuur waar aanvaarbaarheid deur ander mense belangrik is.

Speel Jesus Christus die hoofrol in die kerk of net ‘n ondersteunende rol? Het ons boodskap nie niksbeduidend, sentimenteel en irrelevant geword nie? Wat soek ons vandag by God? Geluk of vermaak? Verlossing of ons terapeutiese welstand? Roeping of pragmatiese sukses gemeet aan getalle – kerkbywoning, begroting, ens – nie? Is daar iets in die kerk wat ons nie by Dr Phil of Oprah kan kry nie?

Hoe meer ek hieroor nadink, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat hier baie waarheid hierin steek. Is die kerk daar om mense tevrede te stel of om mense op te roep om weer te besef wat God reeds in Jesus Christus vir ons gedoen het? Ons dra armbandjies – WWJD – What Would Jesus Do. Moet ons hulle nie vervang met WHJD – What Has Jesus Done – nie?

 Blog57c

“As a moth gnaws a garment, so doeth envy consume a man.” ~ St. John Chrysostom

 

image_pdfimage_print

You may also like...