Cliches om te vermy

image_pdfimage_print

Who can take away great suffering without entering it? In our own woundedness, we can become a source of life for others – Henri J.M. Nouwen (The Wounded Healer)

 

Cliches om te vermy

[Cliche = Afgesaagde, holruggeryde uitdrukking – HAT]

Christian Piatt noem ‘n paar clichés wat Christene moet probeer vermy. Hierdie uitdrukkings mag iets vir ons beteken, maar nie-Christene hou nie hiervan nie.

 

  • Alles gebeur vir ‘n rede. Om te glo is … om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1). As ons geloof empiries kon bewys, sou dit nie geloof gewees het nie – dit sou ‘n teorie gewees het. Dink net hoe klink dit vir iemand wat verkrag is. Wil jy regtig vir hulle sê daar is ‘n rede daarvoor? Luister. Wees stil. Sit langs hulle. Dit is beter as so ‘n sinnelose uitdrukking.
  • As jy vandag sou doodgaan, weet jy waar jy die res van die ewigheid gaan deurbring? Dit lyk so al of ons binnekennis het – kennis wat ander nie het nie.
  • Hy/sy is in ‘n beter plek. Dit mag waar wees, maar hoe weet ons? Doen ons werklik iets aan die rou van diegene wat agterbly met so ‘n uitdrukking?
  • Kan ek so ‘n bietjie van my geloof met jou deel? Dit vra ons voor ons hulle eers ken. Luister eers na hulle storie. Mense sien dit as opportunisme.
  • Kom Sondag saam met my kerk toe. Natuurlik is dit ‘n goeie ding om mense uit te nooi om saam met ons kerk toe te gaan, maar dit doen ons nie pas nadat ons hulle ontmoet het nie. Bou eers ‘n verhouding met hulle op. Jy moet die reg om uit te nooi, verdien.
  • Het jy al Jesus in jou hart genooi? Wat beteken dit? Hoekom jou hart en nie jou lewe nie? Dit laat geloof na ‘n suiwer emosionele ondervinding klink.
  • Aanvaar jy Jesus as jou persoonlike Here en Verlosser?
  • Dit kan die einde van die tye wees.
  • Sal alle besoekers asseblief opstaan? Fokus die aandag op hulle – dit is die laaste ding wat hulle wil hê. Nee, stap na hulle, stel jouself bekend en leer hulle name.

 

Met party hiervan stem ek saam; party lyk my na hareklowery. Wat wel belangrik is, is dat ons baie versigtig met ons taalgebruik moet wees

image_pdfimage_print