Die doel van diversiteit in die gemeente

image_pdfimage_print

 

Whoever reads the gospel with a single eye, and sincere intentions, will find, that our blessed Lord took all opportunities of reminding his disciples that His Kingdom was not of this world; that His doctrine was a doctrine of the Cross; and that their professing themselves to be His followers, would call them to a constant state of voluntary suffering and self-denial.” – George Whitefield

 

Die doel van diversiteit in die gemeente

Diversiteit is ‘n onderwerp wat vandag baie algemeen in ons samelewing bespreek word. Ook in die kerk is dit ‘n belangrike onderwerp wat nie altyd die aandag kry wat dit behoort te kry nie. Ek gaan hierdie onderwerp in drie blogs bespreek.

 

Hiervoor kan ons na Efesiërs 3 kyk. Paulus stel sy doel vir die gemeente in verse 8 – 11. Wat is God se doel? Die gemeente moet sy wysheid aan die hele skepping vertoon. Hoe doen ons dit? Die spesifieke kenmerk wat Paulus in gedagte het, was vir eeue verborge. Wat is dit? En dit is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het (Vers 6).

 

Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ‘n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik (Jesaja 49:6). Wat God gedoen het, is verbasend. Vir eeue reeds het God belowe dat die heidene eendag deel van sy familie sal wees. Nou, in Christus, kom God sy belofte na. Die afstammelinge van Abraham is nou diegene wat sy geloof deel – nie net die Jode nie.

 

Hoekom gee mense aandag aan die eenheid in God se familie? Dit is die graad van skeiding tussen Jode en nie-Jode. Hulle was nie net van verskillende etniese groepe nie of kultureel verskillend of teologies verskillend nie – hulle was openlik vyandig teenoor mekaar. Op een oomblik toe Christus sterf en die voorhangsel in die tempel skeur, vernietig Hy die grens tussen die twee. Mense destys sou gesê het dat hierdie eenheid onmoontlik is – dit sou ‘n wonderwerk vereis. Presies. Let op die verband tussen hierdie eenheid en Paulus se gebed om hierdie gedeelte mee af te sluit in verse 14 – 19: Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

 

In die eerste deel van Efesiërs 3 beskryf Paulus wat menslik onmoontlik is. Hy sluit af met ‘n gebed vir die onmoontlike. Hy bid vir die Vader dat Hy ons deur sy Gees moet versterk dat ons die omvang van Christus se liefde vir ons moet besef. Sy liefde gee krag aan ons liefde. Heel gepas eindig Paulus met ‘n doksologie in verse 20 – 21: Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig  meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in ewigheid. Amen.

 

Paulus vra die onmoontlike. Maar God se krag werk in ons. Hy kan dit doen. Die krag van die plaaslike gemeente, die vermoë om die bonatuurlike krag van die evangelie te wys, is ons diversiteit.

 

Volgende keer gaan ons kyk na die soort diversiteit wat die gemeente verkondig.

 

image_pdfimage_print