Die gawes en  vrugte van die Gees

image_pdfimage_print

Die gawes en  vrugte van die Gees

Simson word deur die Gees van God bemagtig toe hy ‘’n duidend Filistyne doodslaan (Rigters 14). As hy die Here se Gees gehad het, sou ons tog verwag dat hy in heiligheid sou groei, Hoe kan hy deur die Gees bemagtig word en tog geen geduld, nederigheid en selfbeheer hê nie? Maar die Bybel leer dat die moontlik is om die gawes van die Gees te hê, maar nie die vrugte van die Gees nie. In 1 Korintiërs 12 en 14 leer Paulus ons dat gawes vaardighedE is om dinge te doen al kan hulle ook vir ander doeleindes gebruik word. In 1 Korintiërs 13:1 – 3 sê Paulus dat dit moontlik is dat ons die gawes het van onderrig en profesie en leierskap, maar nie die vrug van liefde het nie,Dan  is hierdie gawes niks werd nie. So kry ons mans en vrouens in die Skrif, soos Simson,  wat groot gawes hê,, maar baie vlak in heiligheid en karakter is. Die gawes van die Heilige Gees kan in ons werk en ons kan mense help en selfs bewegings lei en tog kan ons persoonlike lewens ‘’n wrak wees.

 

Wat kan ons hieraan doen.

  • Ons moet die Bybelse onderrig van die verskil tussen gawes en vrugte verstaan. Baie mense kyk na hulle gawes as ‘’n bewys dat hulle geestelik reg is. Ons moenie die werking van die gawes verwar met die groei van vrugte nie. Die vrugte is die bewys van geestelike groei.
  • Ons gebedslewe eerder as ons godsdienstige aktiwiteite is die beste indikator van geestelike gesondheid. Is ins gebedslewe, warm, ‘’n vreugde en praat jy nie net nie, maar luister en leer jy ook. Of is jy soos Simson; jy bid net as laaste uitweg en dan net vir jouself en jou eie begeertes.
  • Gemeenskap is die beste manier om die integriteit van ons lewens te verseker. Christene is nie die “Lone Ranger” nie. Simson is bekend vir sy alleenheid. Hy aanvaar geen raad nie en hy werk nie saam met ander nie. HY bou geen spanne nie. Hy fokus op uitwendige indrukwekkendheid terwyl hy innerlik besig is om te disintegreer.  As niemand na genoeg is om ons geestelike lewens te sien nie of om ons te bemoedig of uit te daag nie, kan ons innerlike lewe maklik disintegreer.

 

 

 

image_pdfimage_print