Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (14)

image_pdfimage_print

The greatest compliment that was ever paid me was when one asked me what I thought, and attended to my answer. -Henry David Thoreau  (1817-1862)

Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (14)

Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines.

Ons gaan voort met die dissiplines van onthouding.

Stilte

Ons sluit ons af van die geluide om ons.

Totale stilte is skaars. Wat ons stilte noem, is gewoonlik ‘n bietjie minder geraas. Ons huise en werkplekke is vol geraas – dit stel ons nogal gerus. Totale stilte is vir ons skokkend, want dit laat die indruk dat niks besig is om te gebeur nie – in ons wêreld kan niks erger as dit wees nie. Sonder stilte het afsondering min waarde. Silence is the way to make solitude a reality (Henri Nouwen). Stilte stroop ons en ons staan voor die werklikhede van die lewe – die dood wat ons van die wêreld afsny en net vir ons en God oorlaat. Die innerlike leegheid van ons lewens word bewys deurdat ons altyd geraas om ons wil hê – om seker te maak iets gebeur om ons. Stilte in die teenwoordigheid van ander is haas onmoontlik. Maar ons leef saam met ander hoe nou? Soggens vroeg.

Benader stilte met gebed en ‘n eksperimentele gesindheid – vertrou dat ons gelei sal word om die tyd reg te gebruik. Net stilte maak lewensreddende konsentrasie op God moontlik, want dit stel ons  in staat om die sagte God te hoor: Hy sal nie twis en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie (Matteus 12:19). God sê vir ons: julle krag lê in stil wees en vertroue hê (Jesaja 30:15)

Stilte + opreg luister is dikwels die sterkste getuienis van ons geloof. Die probleem is nie om mense aan praat te kry nie, maar om diegene wat deur hulle aanhoudende praat ‘n liefdelose hart openbaar, stil te kry. We need to pay less attention to what people are trying to tell us, and more to what they tell us without trying (Miguel de Unamuno).

Hoekom praat ons so baie? Ons is ongemaklik oor wat ander van ons dink. People who love one another can be silent together (Eberhard Arnold). Hoekom is ons oor ander se sienings van ons bekommerd as God met ons is en as Jesus Christus aan sy regterhand sit en vir ons pleit (Rom 8:31 – 34). Baie min mense het ‘n stil innerlike vertroue; baie begeer dit.

Volgende keer kyk ons na vas.

image_pdfimage_print

You may also like...