Die gevaar van sukses

image_pdfimage_print

Die gevaar van sukses

Gideon se behoefte aan respek en eer en sy woede as hy nie kry wat hy dink hom toekom nie, was omdat Hy verslaaf en afhanklik van sukses geword het. Sukses kan maklik veroorsaak dat ons van God se genade vergeet. Ons wil so graag glo dat ons onsself kan verlos. ‘’n oorwinning deur God gegee kan ons oortuig dat ons die seën verdien het en daarom moet ons die respek en eer kry.

Sukses bevestig vir baie mense dat hulle hul eie lewe kan beheer. Hy word ‘’n slaaf van sukses. Hy word trots en tree meerderwaardig teenoor ander op. Hy verwag eer van ander. In Rigters 7:15 het Gideon sy eie swakheid besef. Hy het verstaan dat oorwinning net moontlik is deur God se genade. Toe aanbid en eer hy vir God. Na sy oorwinning aanbid hy sukses en die eer wat dit vir hom sal bring. Hy het totaal vergeet wie hom geroep en toegerus en die stryd vir hom gewen het.

Ons vergeet ook maklik alles van ons verlossing. Ons vergeet dat ons goeie weke genadegawes is – nie as gevolg van ons eie sukses nie. Ons vergeet dat ons deur genade verlos is, Nie deur ons goeie werke nie. Ons kan dus nie spog nie. Ons moet onthou dat ons deur genade gered is as ons misluk, maar ons mot dit selfs meer onthou as ons sukses behaal.

image_pdfimage_print