Die inwonende Christus

image_pdfimage_print

For above all things we must beware, that we neither pray privately nor publicly to this end [i.e., to be noticed], neither yet fashion the gesture of our body, to get the vain praise of the people, that we may seem to be renowned and accounted holy before men: it sufficeth that we please God, and be allowed by his judgment. Heinrich Bullinger

Die inwonende Christus

In die Nuwe Testament lees ons dat Christus in ons woon. Twee vrae kom na vore:

  • Op watter manier woon Christus in ons? Julle moet in My bly en Ek in julle (Johannes 15:4). Dit is die voorwaarde as ons baie vrugte wil dra. Later sê Jesus: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees … Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak … sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle (17:23, 26). Jesus het reeds aan sy dissipels bekend gemaak dat Hy in hulle deur die Heilige Gees bly. Jesus verwys dan ook na die Heilige Gees as ‘n ander Voorspraak (14:16). Hy gaan verder deur vir hulle te sê dat hulle op pinksterdag sal weet dat hulle in Hom is en Hy in hulle (14:20). Paulus sê presies dieselfde in Romeine 8: Die Gees van God woon in julle (vs 9); Omdat Christus in julle is (vers 10); ens. Christus woon in ons deur die Heilige Gees.
  • Watter verskil maak dit in ons lewens?Hier is verskeie aspekte van belang:
    • Dit verander die rigting van ons lewens. En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe (Galasiërs 2:20). Die ou lewe oorheers deur die duiwel en Satan is verby; ons leef nou vir Christus.
    • Sodra Christus in ons bly, word ons lewe ‘n geestelike slagveld. Christus bly in ons, maar ook nog die sonde. Dit moet tot konflik lei. Die groot verskil is dat as Christus in ons woon, sal die sonde ons nie meer oorwin nie.
    • Ons houding teenoor medegelowiges verander, want ons besef dat dieselfde Christus wat in ons woon ook in hulle woon. Hier is Christus alles en in almal (Kolossense 3:11).
    • Nou behoort ons liggame aan Hom. Ons oë en wat ons sien, ons lippe en wat ons sê, ons hande en wat ons aanraak, ons voete en waar ons gaan – alles is Syne.

Christus woon in ons. Hoe? Deur sy Heilige Gees. Hoe weet ons dat Hy in ons woon? Ons lewens verander.

image_pdfimage_print