Die krag en wysheid van ‘n sagte antwoord

image_pdfimage_print

The very fact that a holy, eternal, all-knowing, all-powerful, merciful, fair, and just God loves you and me is nothing short of astonishing.” Francis Chan

Die krag en wysheid van ‘n sagte antwoord

‘n Sagte antwoord laat woede bedaar;

‘n krenkende woord laat woede ontvlam (Spreuke 15:1)

Hoe reageer ons op ‘n kwaai persoon wat iets vals van ons gesê het? Jy staan daar oorbluf oor die woorde wat pas in jou gesig ontplof het. Jy moet nou vinnig besluit; jy dink aan ‘n gepaste reaksie. Wat is dit? ‘n Sagte antwoord.

 

Wat beteken sag? Teer? Swak? Ons hou nie daarvan om swak te wees nie; ons sal eerder onsself regverdig. Dit moeilik as iemand ‘n onreg aan jou doen; dit is nog moeiliker om nie terug te veg nie, as die persoon wat jou te na gekom het ‘n dwaalleraar is en jou gemeente skade berokken – dan moet jy ferm optree.  As hy egter net onvolwasse is, sal ‘n sagte antwoord hom help om dinge anders te sien. Dit mag help. Toe God Jona se opstandigheid saggies geantwoord het, was Jona nie tevrede nie (Jona 4:1 – 11). Dit is egter nie altyd die geval nie. ‘n Sagte antwoord kan die spanning breek.

Maar om met woede op woede te reageer sal beslis dinge vererger. Ons kan seker daarvan wees dat ‘n krenkende woord woede sal laat ontvlam. Wat sê die Bybel hoe moet ons reageer as mense lelik is teenoor ons? Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het teen hom bly hou nie (Levitikus 19:17)
  • Wees inskiklik teenoor alle mense (Filippense 4:4)
  • En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee (Kolossense 3:15).

Die beste voorbeeld is Jesus Christus self: Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel (1 Petrus 2:23). Wonderlik: God sien en God oordeel Mense mag soms onregverdig oordeel,, maar God oordeel altyd regverdig.

‘n Krenkende antwoord is die wêreld se manier van doen. Dit vererger net die konflik. Die Here se manier – ‘n sagte antwoord – slaag.

image_pdfimage_print