Die man is die hoof van die vrou

image_pdfimage_print

 

God, how can you be just and still let guilty sinners into heaven? And the only answer to that question is Jesus Christ – David Platt

 

Die man is die hoof van die vrou

Hierdie is die eerste deel van Efesiërs 5:23. Onmiddellik gaan Paulus verder: soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. Sjoe. Die man die hoof van die vrou; die vrou onderdanig aan die man? Darem erg in 2017.

 

As Paulus sê: Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees, moet ons onmiddellik vra: Wat beteken dit as ons sê dat Christus die hoof van die kerk is? Ons kry die antwoord in verse 25 – 27: Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad het en sy lewe daarvoor afgelê het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder ‘n vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Vir Christus om die hoof van die kerk te wees, beteken Hy gee alles wat Hy het vir die beswil van die kerk. Christus aanvaar volle verantwoordelikheid vir die skoonheid van sy bruid. Hy is bereid om al sy regte prys te gee en sy lewe vir die kerk af te lê.

 

Dit is God se ontwerp vir die man: hy gee alles wat hy het vir die beswil van sy vrou; hy aanvaar verantwoordelikheid vir die skoonheid van sy bruid; hy doen afstand van sy regte en sal sy lewe vir haar neerlê.

 

Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees 5:24). Onmiddelik dink ons aan minderwaardigheid en oorheersing. Dit is allermins wat die Bybel met onderdanig bedoel. In vers 21 lees ons: Wees in eerbied aan mekaar onderdanig. Mans en vrouens is gelyk in waarde en waardigheid. Onderdanigheid beteken nie om die waarde van ‘n ander se lewe te verkleineer nie. Onderwerping in die Bybel beteken om aan mekaar in liefde toe te gee. In die Bybel is dit ‘n belangrike komponent van verhoudings. Die een is nie meer as dieander nie, maar vertrou mekaar in liefde. Daarom word in nege verse vier maal gesê dat mans hulle vroue moet liefhê.

 

 

 

image_pdfimage_print