Die Missie van God

image_pdfimage_print

 “We fear men so much, because we fear God so little. One fear cures another.” G.K. Chesterton

 

Die Missie van God

[Missio in Latyn beteken stuur.]

Scot McKnight gee die volgende raamwerk van God se missie. Hy maak veral van die Evangelie volgens Johannes gebruik.

 

  1. 1.Missie begin by God wat stuur
  • God stuur vir Johannes die Doper: Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop … (1:33).
  • God stuur vir Jesus: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi (4:34).
  • Jesus stuur vir ons: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (20:21).

As ek ‘n volgeling van Jesus is, is ek ‘n gestuurde.

 

  1. 2.Die gestuurde Christen, ‘n volgeling van Jesus, bly binne God se missie

Jesus voorsien die patroon vir die gestuurde Christen.

  • Die gestuurde Christen streef die wil van God na: Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het (5:30).
  • Die Bron van God se waarheid is Jesus: Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het … Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer, maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig en daar is niks oneerlike in Hom nie … Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: “Ja, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het (7:16, 18, 28).
  • Die gestuurde Christen word deur God se teenwoordigheid versterk:
  1. oGod is aan die werk: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan (6:44).
  2. oGod is teenwoordig: En as Ek oor iemand oordeel, is my oordeel reg, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het (8:16). Hy wat My gestuur het, is by My Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil (8:28).
  3. oGod is teenwoordig in sy Heilige Gees: En wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (14:26).
  4. oDie Heilige Gees se teenwoordigheid oriënteer ons teenoor Jesus: Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig (15:26)
  • Die gestuurde Christen praat God se woorde: Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het my opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat (12:49).

 

  1. 3.Die gestuurde Christen is in God
  • Om Jesus te sien, is om die Vader te sien: Wie in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het (12:44).
  • Wie iemand ontvang, ontvang vir Jesus ontvang vir God: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het (13:20).
  • Om die gestuurde Christen teen te staan, beteken ek staan Jesus en die Vader teen: Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie (15:21).

 

Hierdie is slegs ‘n raamwerk. Dit is die moeite werd om verder hierop uit te brei in jou stiltetyd.

image_pdfimage_print