Die seënuitsprake van Jesus (14)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (14)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Wat kan jy doen om ‘n groter honger en dors na geregtigheid te kweek. ‘n Honger na geregtigheid kom van binne en word deur die Heilige Gees in die siel van elke mens gevorm wat wedergebore is. Aptyt moet en behoort gekweek te word. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe (1 Timoteus 4:7). Paulus sê hier dat daar sekere dinge is wat ons kan doen om vorentoe te beweeg in ‘n lewe wat God tevrede stel.

 

APTYT KAN GEVORM WORD. ‘N Verandering van dieet lei dikwels tot ‘n verandering in aptyt. Mense met hartsiektes moet dikwels hulle dieet verander en mettertyd verander hulle aptyt ook. As die woord van God jou dieet is, sal jou aptyt ook mettertyd verander. Gee vir ‘n gemeente ‘n dieet van vermaak en hulle ontwikkel ‘n aptyt vir vermaak. Sluit aan by ‘n gemeente wat ‘n honger en dors vir God en sy geregtigheid kweek.

 

Strategieë om ‘n Goddelike aptyt te kweek

Ons kan ons dieet verander en mettertyd ontwikkel ons ‘n aptyt vir ons nuwe dieet. Net so kan ons begin om diepgewortelde gewoontes te verander en ‘n goddelike aptyt ontwikkel. Hoe doen ons dit?

 

  1. Kry momentum uit die eerste drie seënuitsprake

Die uitsprake is progressief. Elke uitspraak aanvaar die uitsprake wat dit vooraf gegaan het. Jy moet voor begin. Jy kan nie een oorslaan nie. Jy kan nie begin by die vierde uitspraak nie. Jy sal vind dat as jy arm van gees is, treur oor jou sondes en jou lewe aan die wil van God onderwerp daar ‘n honger en dors na geregtigheid uit hierdie wortels voortspruit.

 

  1. Oefen om van wettige plesier te vas

Een manier om jou aptyt te kniehalter is deur om tussen maaltye te eet, te beperk, want dit sal jou aptyt bederf. Daar is nie iets boos of sondig om tussen maaltye te eet nie, maar deur op die verkeerde tye en verkeerde hoeveelhede te eet, bederf jy jou aptyt. Wettige plesier op die verkeerde tyd en in verkeerde hoeveelhede, sal jou aptyt vir geregtigheid bederf. Wettige plesier is dinge soos sport, reis en stokperdjies. Hoe kan ons hulle op hulle regte plekke hou. Een manier is deur periodiek te vas en so jou selfbeheer te verbeter. Besluit op ‘n maand sonder televisie of sonder rekenaarspeletjies. A man who lets all his longings go unchecked and untamed after earthly good has none left towards heaven (Alexander MacLaren).

 

  1. Maak jouself kwesbaar vir die behoeftes van ander

Hoe kry jy ‘n goeie aptyt. Deur oefening. Net so as jy jou siel wil voed. Oefen deur ander te dien. Dit sal jou honger en dors na geregtigheid vermeerder.

 

  1. Gebruik jou seën en probleme as insentiewe om jou voeding in Christus te kry.

Thomas Watson het gesê daar is twee ding wat aptyt wek:

  1. Oefening; en
  2. Byvoegings

Sous maak kos meer aantreklik. God kan die soet sous van ons seëninge, die skerp sous van ons probleme en die warm sous van ons vervolging gebruik om ons honger na geregtigheid te stimuleer. Ons moet ons verskillende omstandighede gebruik as insentiewe in ons najaag van geregtigheid. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd (Psalm 73;26).

 

  1. Vertrou Christus veral vir jou heiligmaking.

Sommige Christene glo dat hulle Christus kan vertrou om hulle sondes te vergewe, maar as dit gaan om meer soos Hy te word, voel sommige mense hulpeloos. Christus se werk was nie beperk tot die hantering van jou skuldgevoelens vir jou sonde nie. Hy verlos jou van alles wat jou terughou van die najaag van geregtigheid en ‘n goddelike lewe. Christus gee aan jou hierdie groot belofte: jou honger en dors na geregtigheid sal versadig word. Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jsus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is (1 Johannes 3:2 – 3).  Verandering begin as jy sê dat jou hoop om ‘n beter persoon te word in Christus is

 

 

image_pdfimage_print